SA lugredery wag vir regeringshulp

Die Suid-Afrikaanse lugredery, Fly Blue Crane, hoop om binnekort hulle finansiële probleme uit te stryk en vlugte te hervat met die hulp van belastingbetalers se geld.

Die redery het alle vlugte onderbreek ten einde die maatskappy se besigheidsreddingsproses af te handel.

Die Oos-Kaapse regering het vroeër gesê hulle hoop dat goedkoper vlugte sal lei tot minder padongelukke. Die roete na die Transkei word vir minder as R800 ‘n vlug aangebied.

In teenstelling met ander lae-koste rederye, word gratis etes en drank aan boord voorsien.

Volgens lugredery-woordvoerder, Bettina Mtetwa, word passasiers op die vlugroetes tussen Johannesburg, Kimberley, Bloemfontein en Kaapstad die meeste deur hierdie proses geraak.

Mtetwa sê hulle is vol hoop ná President Zuma se staatsrede waarin hy kwessies soos transformasie en Swart Ekonomiese Bemagtiging aangeraak het, dat die maatskappy uiteindelik regeringsondersteuning sal ontvang.

“Ons verwelkom die feit dat die president swart besighede wil ondersteun, maar ons was nog nie suksesvol in hierdie verband nie, ten spyte van die feit dat ons verskeie regeringsbefondsingskemas genader het,” sê Mtetwa.

Sy sê ten spyte van die feit dat die lugredery die eerste kommersiële lugredery in die land is waarvan vroue die meerderheidsaandeel het, kon hulle nog nooit finansiële ondersteuning kry nie.

Die lugredery hoop om binne die volgende paar weke ‘n besigheidsreddingsplan aan krediteure voor te lê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    So word privaatmaatskappye nou ook gebruik om die belastinggeld te plunder.

    • sussie se vissie

      Yep.
      Die ‘intellektueles’ ( mdme Ali op n ander draad ) kan nie eers op die grond dinge by mekaar hou nie…laat staan nog as hul eers agter die vliegstange inskuif.

      • Vixie

        Gepraat van stange … Daar moet dalk ‘n paar van “hulle” vasgetrap en stange in die bek gedruk word dat iemand hulle kan stuur, want self kan hulle dit om de dood nie doen nie

  • Kalium_Chloraat

    Die bedelbakkie is darem ‘n gunsteling Afrika instrument.