Julius Malema ‘geen werklike leier’ – Mulder

Deel op

Image

Pieter Mulder

"Julius Malema is geen werklike leier nie. Hy is slegs ’n gevaarlike opsweper en haatsaaier. Dit is die maklikste soort politiek. Om opponente sleg te sê en hulle kakkerlakke en slange te noem, kan enigeen doen. Op die kort termyn is jy gewild, maar op die langer termyn besef jou volgelinge dat jy geen werklike bydrae tot oplossings maak nie", het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, in reaksie op mnr. Malema se aanvalle op opposisiepartye gesê.

Die moeilikste politiek is om met wysheid leiding aan jou volgelinge te gee. Dit mag jou op die kort termyn ongewild maak, maar op die langer termyn word jy reg bewys en styg jy uit as ’n ware leier.

Dit is die soort leierskap wat Nelson Mandela geïllustreer het. Malema glo ANC-leiers het ’n geskiedenis van omstredenheid en probeer dit op ’n amateuragtige wyse naboots. As voorbeelde neem hy egter nie Nelson Mandela nie, maar Peter Mokaba met sy “Kill the Boer” slagspreuk en Winnie Mandela wat almal met vuurhoutjies wou bevry. Soos sy rolmodelle is net die beste goed genoeg vir Malema. Te midde van sy volgelinge se armoede ry hy in ’n Mercedes-Benz E-klas en woon in die rykmansbuurt Sandton.

Suid-Afrika kan nie bekostig om by hierdie tipe leier en politiek vas te steek nie. ’n Miljoen Tutsi’s is in 1994 in ’n volksmoord in Rwanda vermoor. Dit is ook voorafgegaan deur haatspraak waarin Tutsi’s as kakkerlakke wat uitgewis moet word, beskryf is.

As dissipline uit ’n samelewing en uit skole verdwyn, dan word ’n individu soos Julius Malema ’n jeugleier. As jeugleier is hy gekies by ’n ANC-Jeugkongres waar swak gedrag, drank misbruik, ontbloting en skade aan eiendom die kenmerke van die kongres was. In ’n gedissiplineerde samelewing soos Japan of China sou so ’n kongres op die toekoms van die land gekonsentreer het en sou Malema se soort retoriek nie eers raakgesien gewees het nie.

Om te verhoed dat Malema ooit president van hierdie land word, moet die ANC in die opposisiebanke eindig. Geen opposisieparty kan dit alleen regkry nie. ’n Koalisie van opposisiepartye kan dit wel regkry. Daarom moet elke kieser stem vir die party die naaste aan sy waardes. Ná die verkiesing werk ware verantwoordelike leiers dan saam om dit reg te kry.

комбинезон зимний девочка годлобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.