Miljoene rande se perlemoen gevind

Dit lyk asof Chinese seekosstropers steeds voortgaan met hul misdadige bedrywighede, waarskynlik met die hulp van die plaaslike bevolking.

Tien mense wat tydens klopjagte in en om Kaapstad in hegtenis geneem is vir die besit van gedroogde perlemoen ter waarde van viermiljoen rand, verskyn vandag in landdroshowe in Kaapstad en Bellville.

Die Valke se woordvoerder, Loyd Ramovha, se die klopjagte was gelyktydig by ses eiendomme in Durbanville, Plattekloof, West Beach, Atlantic Beach, Table View en Parklands uitgevoer.

Hy se hulle het ook op droogmaak toerusting en geld beslag gelê. Die leier van die groep is ook in hegtenis geneem.

In ‘n afsonderlike voorval oor die naweek, het die polisie beslag gelê op ‘n besending perlemoen ter waarde van bykans 40 miljoen rand by ‘n stoorfasiliteit in Paardeneiland.

Die perlemoen sou na bewering uitgevoer word. Dit is onduidelik of die twee voorvalle verband hou met mekaar.

Twee weke gelede is twee Malawiërs vasgetrek in die Kaap. Hulle is onder die 16 mense wat in ses afsonderlike voorvalle met betrekking tot die onwettige uithaal van perlemoen deur die polisie in hegtenis geneem is. Al die voorvalle het plaasgevind in die Wes-Kaap.

“Dit is baie frustrerend, want die onwettige perlemoen is gewoonlik baie, baie klein, wat is nutteloos in elk geval en sal waarskynlik weggegooi word,” het departementele woordvoerder Palesa Mokomele gesê.

In ‘n ander voorval op 2 Februarie, is klopjag uitgevoer op ‘n onwettige perlemoen verwerkingsaanleg in Milnerton en Montague Gardens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” Die Valke se woordvoerder, Loyd Ramovha, se die klopjagte… ” – ‘sê’