Ernie Els speel saam met president Donald Trump

Die Suid-Afrikaanse gholfheld Ernie Els, het Saterdag gholf gespeel saam met president Donald Trump en Japan se premier Shinzo Abe.

Els, ‘n wêreldklasspeler het ‘n voorsmakie gehad van Amerikaanse diplomasie tydens ‘n ronde gholf met die Japannese premier by die spoglandgoed wat aan Trump behoort, naamlik Mar-a-Lago.

Die drie het uitstekende weer geniet by die Trump International Golfklub in Wes Palm Beach, Florida wat in Jupiter geleë is.

Donald Trump, wat uit Washington ontsnap het vir die naweek, was geklee in ‘DJT’ monogramskoene en sy beste wit ‘Maak Amerika Groot’ pet.

Suid-Afrikaanse viermalige hooftoernooikampioen Ernie Els het ‘n kortbroek gedra en het vier ure op die baan saam met die twee wêreldleiers deurgebring, voordat die twee verdaag het vir ‘n werksessie oor middagete.

Die Amerikaanse president het Ernie gehoog-vyf op ‘n stadium. Sy mediasirkus is nie toegelaat om die groep om die baan te volg nie.

Els is die tweede kampioen gholfspeler en die eerste buitelander wat saam met die president speel, nadat Tiger Woods in Desember verlede jaar uitgenooi is.

Trump het Saterdagaand getwiet: “Gholf gespeel vandag met premier Abe van Japan en @TheBigEasy, Ernie Els, en het ‘n goeie tyd gehad. Japan is baie goed verteenwoordig!”

Die president het ‘n skaflike die 18 putjies gespeel en kopgehou vir sy houe op die setperke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Dave

    Dit is miskien uiters positief om te hoop dat dit ‘n hole in one vir Suid Afrika kan beteken… maar laat ons positief wees en bly hoop…

  • Lourens Kriel

    Ernie kyk of jy nie so n ekstra lae hou teen Zuma kan inkry!