Amnestie Internasionaal vra wapenverbod teen Israel

Deel op

Image

Hellfiremissiel afgevuur deur Amerikaanse helikopter

Getuienis het te voorskyn gekom van Israel se gebruik van Amerikaans vervaardigde wapens gedurende die oorlog in Gasa, insluitend witfosfor artillerie bomme, 227kg bomme en Hellfire-missiele.

In 'n verslag wat Maandag vrygestel is, het Amnestie Internasionaal besonderhede gegee van die wapens wat gebruik is en 'n versoek gerig vir 'n onmiddellike wapenverbod teen Israel en alle gewapende Palestynse groepe.

AI het gevra dat die Obama-administrasie militêre hulp aan Israel staak.

Amerika was lank die grootste wapenverskaffer aan Israel; volgens 'n huidige 10-jaarooreenkoms wat deur die Bush-administrasie onderhandel is, sal Amerika $30 miljard se militêre hulp aan Israel voorsien.

"As die grootste verskaffer van wapens aan Israel, het Amerika 'n plig om enige voorraad te staak wat kan bydra tot oortredings van die wette rondom oorlog en menseregte," het Malcolm Smart gesê. Smart is Amnestie Internasionaal se programdirekteur in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

"Israel se militêre offensief in Gasa is grootliks uitgevoer met wapens, ammunisie en militêre toerusting wat deur Amerika verskaf is en waarvoor daar deur Amerikaanse belastingbetalers betaal is."

Palestynse militante het ook sonder onderskeid vuurpyle afgevuur op burgerlikes, het Amnestie gesê. Die organisasie het gevra vir 'n onafhanklike ondersoek ná oortredings van internasionale humanitêre reëls deur beide kante.

Amnestie-ondersoekbeamptes in Gasa het verskeie fragmente van wapens gevind na die gevegte. Een is van 'n 227kg vin-geleide bom afkomstig, waarvan die merke aandui dat dele gemaak is deur die Amerikaanse maatskappy Raytheon. Hulle het ook dele gevind van Amerikaans vervaardigde witfosforartilleriebomme, met die skrif M825 A1.

Op 15 Januarie het verskeie witfosforbomme wat deur Israel gevuur is die hoofkwartiere van die VN se hulpwerkagentskap in Gasa getref en medisyne en voedselhulp vernietig. Een fragment is op die toneel gevind wat aangedui het dat dit in 1991 vervaardig is deur Pine Bluff Arsenal, wat in Arkansas geleë is.

Die menseregtegroep het gesê die Israelse weermag het wit fosfor in dig bevolkte gebiede gebruik, wat volgens hulle 'n nie-diskriminerende vorm van aanval is en ook 'n oorlogsmisdaad is. Die navorsers het wit fosfor gevind wat steeds brand in woongebiede, dae ná die skietstaking in werking getree het.

By die toneel van 'n aanval wat 3 Palestynse paramedici en 'n seun dood gelaat het op 4 Januarie, het Amnestie fragmente van 'n AGM114 Hellfire-missiel gevind, wat vervaardig word deur Hellfire Systems van Orlando, 'n gesamentlike program tussen Lockheed Martin en Boeing. Die missiel word dikwels vanaf Apache-helikopters gevuur.

Amnestie sê hulle het ook tekens gevind van 'n nuwe tipe missiel, wat klaarblyklik gevuur word van onbemande vliegtuie. Die nuwe missiel ontplof in duisende stukkies skrapnel wat bestaan uit "klein, metaalvierkantjies, met skerp hoeke, elke stukkie is tussen 2mm en 4 mm groot."

"Dit wil voorkom asof hulle ontwerp is om maksimum besering aan te rig," het Amnestie gesê. Baie burgerlikes is deur die wapen gedood, insluitend verskeie kinders, het Amnestie gesê.

Vuurpyle wat deur Palestynse militante afgevuur is, was van die 122mm Grad-missiele of kortafstand Kassam-vuurpyle, 'n plaaslik vervaardigde, geïmproviseerde artilleriewapen. Plofkoppe word óf ingesmokkel óf vervaardig van kunsmisstowwe.

Die arsenaal van wapens is 'n op "baie klein skaal vergeleke met Israel", het AI gesê, en bygevoeg dat die vuurpylarsenaal wat Hezbollah in 2006 in die Libanese oorlog ontplooi het "buite bereik was van die Palestynse militante groepe".

фильтр для воздушноготопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.