BLM Toronto verklaar dat swartes wittes kan uitwis met beter genetika

Die mede-stigter van Black Lives Matter in Toronto, Kanada, glo witmense is “resessiewe genetiese defekte” en bespiegel oor hoe hulle “uitgewis” kan word volgens ‘n berig oor wat lyk na haar Facebook-blad.

Yusra Khogali het die afgelope jaar die BLM Toronto se politieke invloed verbreed ná hul konfrontasies met Ontario Premier Kathleen Wynne.

Khogali het ‘n bewese rekord van gewelddadige en verdelende retoriek.

Net verlede week tydens ‘n protesoptog voor die Amerikaanse konsulaat het Khogali geskree in ‘n mikrofoon dat nie-blankes die getalle het op teen wittes op te staan.

“Kyk na ons, ons het die getalle,” het sy gesê.

Terwyl hierdie opmerkings talle Kanadese onthuts, is dit in vergelyking met ‘n verklaring wat Khogali blykbaar gepos het op Facebook in 2015, niks.

“Witheid is nie menslik nie,” het die verklaring begin. “Om die waarheid te sê is witheid submenslik.” Die boodskap gaan voort om ‘n genetika gebaseer op melanien en ensiem aan te bied.

Sy sê “swartes kan eenvoudig deur hul dominante gene letterlik wittes uitwis”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.