Zuma en Trump gesels oor koeitjies en kalfies

President Zuma se kantoor het gesê hy het met Trump oor die telefoon gesels.

Die gesprek het glo gegaan oor ‘n sterk verbintenis tot bilaterale verhoudinge tussen die VSA en Suid-Afrika en sekuriteit in Afrika.

Die hooffokus van die telefoonoproep tussen die Amerikaanse president Donald Trump en President Jacob Zuma het Maandagmiddag nie vir enige opskudding gesorg nie.

In ‘n verklaring deur Zuma se kantoor vrygestel kort ná die oproep plaasgevind het, het die presidensie gesê die twee leiers het hul verbintenis herbevestig tot die bevordering van sterk bilaterale verhoudinge.

“Daar is ses honderd Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika en sterk handelsbetrekkinge tussen die twee lande,” het die presidensie gesê.

Zuma het ook Trump gelukgewens met sy verkiesing as die 45ste president van die VSA.

Die twee het ook gepraat oor die noodsaaklikheid om saam te werk oor multilaterale kwessies sowel as en “veral die soeke na vrede en stabiliteit op die vasteland van Afrika”.

Suid-Afrika is nie hoog op die lys van prioriteite nie aangesien die VSA se fokus in die Midde-Ooste lê.

Egiptiese president Abdel Fattah Al Sisi is “beloon” met ‘n oproep op 23 Januarie net drie dae na die inhuldiging.

Gister het die Amerikaanse president het met Nigerië se Muhammadu Buhari gepraat, wat op vakansie is in die Verenigde Koninkryk, en ‘n uur of so later, met Zuma.

Trump het glo die koning van Nkandla versoek om hom te skakel, en die impi was dadelik inskiklik.

In Desember 2013 het Trump het 24 miljoen Twitter-volgelinge vertel: “Kan jy glo dat die korrupte en patetiese Suid-Afrikaanse polisiemag moet nog die gebaretaalman arresteer. So ‘n gevaar – gee 10 jaar ” en dit opgevolg ‘n paar uur later met: “Suid-Afrika is ‘n misdaad geteisterde gemors wat net wag om te ontplof – nie ‘n goeie toestand vir die mense nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Aanvaar die gesprek het redelik gevlot totdat die syfergetalle 600 en 45 opgeduik het.

    • G

      Hehehe eisj

  • Rifrug

    Suid-Afrika is nie hoog op die lys van prioriteite nie aangesien die VSA se fokus in die Midde-OOste lê.

    Egiptiese president Abdel Fattah Al Sisi is “beloon” met ‘n oproep op 23 Januarie net drie dae nad die inhuldiging.
    Gister het die Amerikaanse president het met Nigerië se Muhammadu Buhari gerpaat,

  • G

    Daardie koetjies wat by Nkandla wei?

  • Ou Transvaal

    Die gesprek moes wondere gedoen het vir Zumpies se self respek , dit gaan nie lank wees dan word die bakhand weer uitgehou .
    Net die feit dat hy dit rigbaar gemaak het vertel my dat sy vergrype nog groter gaan word!!

  • Anton Schutte

    ek hoop net Trump het nie met die modderdonner enigiets groter as 10 bespreek nie, anders sal die ou vuil ding sy skoene moet uitrek.