Trump oordonder Kanadese premier

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het president Donald Trump ontmoet by die Withuis vir sy eerste besoek aan die Amerikaanse president.

Handel en immigrasie was boaan die agenda vir die twee leiers aangesien Kanada se uitvoere na die VSA aansienlik is. Trudeau kan nie beskostig om Trump te vervreem nie.

Hoewel dit op die oog af lyk of die twee leiers nie veel gemeen het nie, gaan bykans ‘n driekwart van Kanada se uitvoerprodukte na die VSA, wat goeie betrekkinge tussen Kanada en Amerika vir Trudeau noodsaaklik maak.

Albei regerings is ten gunste van planne om entrepreneurskap aan te moedig. Trudeau, ‘n linkse liberaal, is ‘n voorstander van bykans alles waarteen Trump-ondersteuners gekant is.

Maar die Kanadese premier het sy bes probeer om onderwerpe te vermy wat aanstoot kan gee. Hy het gesê hy gaan nie tydens sy besoek “lesse gee” aan sy gasheer nie.

Hy het soos ‘n ware liggewig voorgekom en is oordonder deur Trump. Die hoofstroommedia het dit probeer wegsteek met opmerkings dat Trudeau se handdruk “fermer” was en dat Trump se dogter Ivanka “bewonderend” na die Franse Kanadees gestaar het.

Trudeau beskou immigrasie as ‘n aanwins vir sy land. Trump het egter verwys na die probleme wat die VSA met Meksiko ervaar en bygevoeg dat daar nie dieselfde kwessies opduik wat die noordelike grens betref nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    “Hy het soos ‘n ware liggewig voorgekom en is oordonder deur Trump. Die
    hoofstroommedia het dit probeer wegsteek met opmerkings dat Trudeau se
    handdruk “fermer” was en dat Trump se dogter Ivanka “bewonderend” na die
    Franse Kanadees gestaar het.”

    Klink amper soos die hofverrigtinge as mens oor die radio luister: “Die beskuldigde het ‘n stywe denimbroek aangehad met ‘n flambojante pienk strik as hooftooisel. Die hare is keurig versorg met Hannon se spuit-en-buig-produkte. Die lipstiffie op haar suur pruilende mondjie was heel passend koraalkleurig en die 5 cm lang naels swart geverf. Die leerhandsak en ivoorring vind sy oorsprong in ‘n Sjinese winkel. Die onderklere kom uit die boonste rakke van Victoria’s Secret, soos ons uit die prominente etiket afgelei het. Dit kon natuurlik ‘n vervalsing wees, wat ons land miljoene uit die sak jaag. Die skoene was duidelik ingevoer uit Königstrasse en die hele gang het goedkoop (ekskuus, duur) geruik na Dolce & Gabbana. Verder het ons nie ‘n idee wat die hofverrigtinge behels het nie, want eintlik is ek die moderedakteur”. Dit sê eintlik niks.