Switserland verslap immigrasie-reëls

Kiesers in Switserland het ‘n voorstel goedgekeur om die land se streng burgerskapreëls vir immigrante te verslap.

Die burgerskapinisiatief raak net minder as 25 000 mense, maar die implikasies op die langtermyn is verreikend. Sowat ‘n kwart van die totale bevolking van 8,2 miljoen Switsers is in die buiteland gebore, een van die hoogste persentasies in Europa.

Dit is so hoog omdat Switserland nie buitelanders laat naturaliseer nie. Die Turke wat hulle invoer vir werk word teruggestuur as die ekonomie sukkel.

Switserland, wat nie deel vorm van die 28-lande in die Europese Unie nie, is omring deur blok-lede. Die land lok ryk buitelanders deur hul bankstelsel wat anonimiteit waarborg. Die meeste jonges, sowat 80 persent, wat daardeur geraak sal word, is wit en Italiaans van afkoms.

Die uitslag toon dat byna 55 persent van kiesers ingestem het om burgerskap aan derdegenerasie-immigrante te gee.

Tot op hede moes kandidate wat burgerskap wou kry, deur middel van onderhoude en toetse bewys dat hulle ten volle geïntegreer is.

Ondersteuners van die voorstel is van mening dat indien ‘n persoon in Switserland gebore is en daar skoolgegaan het, Switserse waardes aangeneem het en een van die tale praat, dit genoegsame bewys van integrasie is.

Die land spog met die meeste nasionale tale op die Europese vasteland.

Die Switserse Volksparty sê egter indien die maatreël goedgekeur word, sal dit die eerste tree wees om burgerskap aan immigrante te gee.

Linkse berigte maak asof die land nou hulle grense oopgegooi het vir Moslems, maar Islam word nie erken as ‘n geloof in Switserland nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.