Dresden se ‘kunswerk’ uit solidariteit met terroriste

Busse wat ISIS-terroriste beskerm het, is nou 'kuns'

Amptenare in die oostelike Duitse stad Dresden het ‘n “kunswerk” gewy aan terroriste opgerig.

Die Siriese “kunstenaar”, nou ‘n Duitse burger, wou “solidariteit” met die terroriste van Aleppo in Sirië wys.

Inwoners het Dresden se burgemeester Dirk Hilbert uitgejou by die openingseremonie Dinsdag en geskree “Gemors!”, “Gaan weg!”, “Skaam jou!” en “Verraaier!”. Die Dresden-tak van die anti-immigrante party AfD, wat ‘n oplewing in gewildheid geniet sedert ‘n invloei van meer as 2 miljoen vlugtelinge, baie van Sirië, het die installasie ‘n “belediging vir die burgers van Dresden” genoem.

Baie van hulle is woedend omdat hulle sê dat die stuk die herinnering van hul eie vuurbombardement van die stad aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog aantas. In Februarie 1945, drie maande voor die einde van die oorlog toe die Duitsers reeds hul nederlaag verklaar het, is burgerlikes uitgedelg. Die lelike werk vorm deel van die 72ste herdenking van die vernietiging van Dresden.

Die “kuns” installasie, bestaan ​​uit drie busse wat regop staan, op die plein voor die Frauenkirche. Die pragtige kerk is vernietig deur Britse en Amerikaanse bomwerpers in die Tweede Wêreldoorlog, maar met moeite opgebou na die oorlog ter herinnering aan diegene, burgerlikes, insluitende kinders, wat in die vuurhel omgekom het. Na dekades van geen onderhoud nie, is die Frauenkirche in 2005 heropen.

Die werk lyk soos ‘n toneel uit 2015 toe terroriste in die Siriese stad ​​drie busse aan die einde van ‘n straat opgerig het om hulself te beskerm teen sluipskutters van die Siriese regering, berig Reuters.

“Kunstenaar” Manaf Halbouni, het aan Reuters gesê hy was “geskok” deur die protes teen sy polities gelaaide werk. Halbouni verwys na die immigrasie krisis, maar toon sy algehele onkunde oor die Duitse geskiedenis: “Die doel van hierdie installasie was om dialoog te bevorder tussen mense, sodat ons almal saam dinge kan bespreek en probeer om probleme op te los.”

Dit is nie duidelik watter soort dialoog nodig is tussen immigrante wat terrorisme in Sirië vier en burgerlikes wat tydens die oorlog omgekom het in wat beskryf word as ‘n oorlogsmisdaad nie. Op sy webwerf, het Halbouni nog onsin kwytgeraak en gesê sy werk verbind die lyding van mense in Sirië aan Europa “maar ook die hoop vir rekonstruksie en vrede”.

Die terroriste in Sirië was beslis nie daar om vrede te bevorder nie en die busse was hulle idee om ‘n oorlog te voer teen ‘n land wat niemand bedreig het nie.

Die predikant van die Frauenkirche kerk, Sebastian Feydt, het natuurlik die werk verdedig en sy kritici as “nasionale-sosialiste” uitgeskel.

Maar as die terroriste in Sirië nie deur die Siriese regering met die hulp van Rusland die onderspit gedelf het nie, sou daar min kans op rekonstruksie en vrede in Aleppo gewees het.

Hele stede, veral Aleppo, in die noordweste deel van Sirië, is in puin gelaat deur die ISIS-inval vir regime verandering om die Siriese president te ontsetel. Inwoners is opgesteek om ‘n “burgeroorlog” te voer deur die transnasionale ISIS-terreurmagte.

Gordon Engler, AfD-lid, het gesê die werk is “nie kuns nie, maar ‘n politieke skuif” en skelm gedoen. Volgens Engel was die plan nooit met die inwoners van die stad bespreek nie, want “dit sou onmiddellik duidelik wees dat dit sal lei tot protes”.

“Ek is ‘n lid van die Dresdenstadsraad,” verduidelik Engler. “Die hele ding is bewimpel deur die kantoor van die burgemeester. Ons het uitgevind wat aangaan net toe dit reeds duidelik was dat die opening sal plaasvind,” het Engler gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Dresden 13-15 februari 1945 :

    • Flip Kriel

      Ja, dit is oorlogsmisdade soos hierdie wat wat onderstreep hoe ‘n groot klug die Nurnberg- verhoor was.

      • Jacques

        Absoluut. Hierdie was die werklike Holocaust.

    • Betzie van Rensburg

      Op die plein voor die Frauenkirche nogal. So verkrag die ‘onskuldiges’ die atmosfeer van die lieflike kerkgebou.

  • G

    Dis ‘n Rooinek nes. Mens kan niks met hulle uitrig nie. Hulle het geen idee van hoe hulle met propaganda poegaai gemaak is nie. Klomp idiote as jy my vra. Goeie kanonvoer.