Motors brand in Parys in anti-polisie onluste

Betogers in Parys, Frankryk, het weer motors aan die brand gesteek, in nog ‘n vertoning van openbare geweld in die voorstad van Bobigny.

Die brandstigting kom in die nasleep van ‘n beweerde aanranding deur ‘n polisiebeampte wat glo ‘n 22-jarige swart dwelmhandelaar, genaamd “Theo”, met sy knuppel “verkrag” het.

Dosyne swart en Arabiese jeugdiges het saamgedrom op ‘n leë erf in Bobigny in die prefektuur van Seine-Saint-Denis om te begin geweld pleeg. Betogers het plakkate opgehou wat uitblêr “die polisie dood onskuldiges”, hoewel “Theo” amper al herstel het van sy beserings.

Dié beweer hy is verkrag deur die drie beamptes. Sy broek het afgesak en op die geslotekring-TV wys dit hoe die beampte hom daarna horisontaal op die agterstewe slaan om hom onder bedwang te bring. Een van die beamptes word tans van verkragting aangekla, maar ‘n polisie-ondersoek het bevind dat “Theo” nie verkrag is nie.

Hy moes intussen rekonstruktiewe chirurgie aan sy anus ondergaan en het hoofbeserings opgedoen. Die beampte sê die swarte het homself verset en hy moes krag gebruik om hom op sy knieë te dwing.

Honderde het in Bobigny versamel voor die hofgebou en daarna tot geweld oorgegaan teen “polisiegeweld”, het Le Parisien berig. Die betogers, swartes en Arabiere, het gewelddadig geraak omstreeks 15:00 plaaslike tyd.

‘n Mediavragmotor van RTL is aan die brand gesteek deur die betogers en beeldmateriaal van die brandende voertuig is uitgesaai. “Verskeie voertuie, insluitend ‘n media-vragmotor, is aan die brand gesteek en polisiebeamptes het ingegryp om ‘n jong kind te red wat vasgekeer was in ‘n brandende voertuig,” het ‘n Franse prefektuurverklaring gelees, volgens wat Reuters berig.

Dié gruwelverhaal, die eintlike nuus, is toegegooi onder linkse rasbyters se “begrip” vir swart geweldpleging. Die betogers ontvang uitkerings van die staat, iets wat hulle nooit in armoedige Algerië, Tunisië, Marokko of enige ander Wes-Afrikaland sal kry nie, maar dis blykbaar die groot sonde en daarom gaan hulle glo tot geweld oor, beweer hulle.

“Ons het besluit om hierdie byeenkoms te organiseer. Die aankondiging het reeds op Twitter, Facebook en Snapchat … geraas gemaak om te wys hoeveel mense hierdie situasie [om van staatstoelaes te leef] nie meer kan uitstaan nie,” het France Bleu Paris die organiseerders aangehaal.

Betogers het polisiebeamptes met klippe en ander voorwerpe bestook en brande in vullisdromme gestig.

RT Frankryk berig dat talle winkelvensters gebreek is en kruideniersware van rakke gegooi is in ‘n supermark, asook dat yskaste daar omgegooi is. Le Monde het ook berig van ander gevalle van vandalisme.

“Theo” is in hegtenis geneem tydens ‘n ID-verifikasie in Aulnay-sous-Bois, ‘n ander voorstad van Parys, op 2 Februarie maar ‘n polisie-ondersoek het tot die gevolgtrekking gekom dat hy nie met ‘n knuppel verkrag is deur die beamptes soos hy beweer nie.

Die onrus duur al ‘n paar nagte in Parys, wat die klem weer eens plaas op die gespanne rasseverhouding tussen die polisie en immigrante gemeenskappe in nie-blanke voorstede in Frankryk, waar beskuldigings van polisiediskriminasie en geweld kontrasteer met die uiterste kriminaliteit en wetteloosheid van nie-blankes.

Ouleye Goudiaby, ‘n 32-jarige swarte van Villeparisis, Seine-et-Marne, vertel aan Le Monde: “Ons almal het in opstand gekom.

“Hierdie is optrede van polisiegeweld teen jong swartmense in die werkersklaswoonbuurte wat weer en weer herhaal word. Theo het die moed gehad om dit te veroordeel, maar baie durf niks sê nie.”

Eintlik het “Theo”, wat dwelms verkoop vir ‘n lewe en bekend is aan die gereg, hom verset teen arrestasie, maar word as ‘n slagoffer voorgestel in nog ‘n voorbeeld van hoe ras gebruik word as ‘n politieke hefboom teen wittes.

President Francois Hollande het hom dadelik in die hospitaal gaan besoek om sy hand vas te hou in “solidariteit”, maar sy gekrenkte eer het blykbaar nog nie herstel nie, ten spyte van al die linkse simpatie.

In 2005, is twee swart jeugdiges doodgeskok in ‘n elektriese substasiekas toe hulle wou wegkruip van die polisie. Swart onluste het vir weke lank geduur in Frankryk, met jeugdiges wat motors en geboue in die voorstede aan die brand gesteek het. Die polisie is verantwoordelik gehou vir hulle dood, alhoewel hulle nie eens geweet het waar die twee skuil nie. Ongeveer 10 000 motors is uitgebrand en 6 000 mense is destyds in hegtenis geneem.

U sal hierdie unieke nuusberig in Afrikaans in geen ander publikasie lees nie. Help ons asseblief om nuus wat saak maak op die lug te hou! Sluit vandag nog aan by Praag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.