Skietery jaag studente uit koshuis

Deel op

Chaos het uitgebreek by die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap toe die polisie studente met rubberkoeëls uit hulle koshuise gejaag het. Honderde swartes het van die polisie gevlug tot by die N2.

Een student is deur ‘n motor omgery en na die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal gehaas. Sommige studente het die hele nag buite deurgebring.

Die polisie het die studente uit die koshuis gedwing nadat gewelddadige studenteoptrede gelei het tot ‘n brand by ‘n studentekroeg.

Studenteleiers is woedend oor die situasie by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap.

Twee studenteleiers, Sinelizwi Mgotshongo en Khanya Nkeqa sê hulle gaan vandag verdere stappe doen en weet nie waarom daar op hulle geskiet is nie.

Studente het die hele nag in ‘n nabye berg geskuil uit vrees vir die polisie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.