Zuma se 2017 staatsrede: Universiteite, grond, myne, water

Deel op

President Jacob Zuma het is sy staatsrede gesê die regering sal kyk na die verhoging van die R122 000 huishoudelike inkomste drempel vir studente om Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) beurse te bekom.

Zuma het ook gesê dit sou “moeilik, indien nie onmoontlik nie” wees, om ware versoening te bereik tot die grondkwessie opgelos is.

Bewerkbare grond moet terug gaan na swartmense, het hy gesê. “Net agt miljoen hektaar landbougrond is oorgedra aan swart mense, wat net 9,8 persent van die 82.000.000 hektaar bewerkbare grond in Suid-Afrika besit.”

Hy het gesê daar was ‘n 19 persent afname in huishoudings wat betrokke is in die landbou, van 2,9 miljoen in 2011 was, tot 2,3 miljoen huishoudings in 2016.

Zuma het gesê die Onteieningswet sal terug na die Parlement verwys word vir meer openbare deelname, sodat hulle kan voortgaan om grondhervorming en herverdeling van grond na te streef, in ooreenstemming met die Grondwet.

Hy het ook gesê dat die regering sal voortgaan om ander programme, soos die 50-50 program te implementeer.

“In hierdie program, kom die plaaswerkers saam as ‘n regspersoon, tesame met die plaaseienaar, om ‘n nuwe maatskappy te stig en die werkers en die eienaar word gesamentlike eienaars.” Hy dié grondgryp “innoverend” genoem.

Hy het gesê dat die regering sal voortgaan met drastiese transformasie in die ekonomie deur onder meer direk by mynbou betrokke te raak.

Hy sê wetgewing oor `n staatsbeheerde mynmaatskappy sal vanjaar deurgevoer word. Hy het ook die herstel in kommoditeitspryse verwelkom.

Zuma sê ook die finaliseering van die mynbouhandves sal help om die sektor te stabiliseer. Die minister van Mynbou, Mosebenzi Zwane, het vroeër die week gesê dit sal teen die middel van Maart afgehandel wees.

President Zuma sê die regering werk nóú saam met die rolspelers om onwettige mynbedrywighede te bekamp, lewens te red en die onwettige handel in diamante en ander edelmetale te voorkom.

Zuma het ook ‘n program aangekondig om aandag te skenk aan die watertekort en om werkloosheid te bekamp. Zuma sê bykans tienduisend jongmense sonder werk word opgelei as loodgieters, ambagsmanne wateragente om die lekkasies in munisipale pype op te spoor.

Dit sal nie net water bespaar nie, maar ook werk verskaf. Volgens die president is dit deel van die planne om die waterlekkasies te beperk wat in sommige munisipaliteite tot 37 persent beloop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.