Egpaar ernstig gewond na aanval op kleinhoewe

Deel op

Die eienaar van ‘n kleinhoewe in die Rustenburg-gebied is Woensdag na ‘n plaaslike hospitaal gehaas nadat hy in ‘n aanval op hom en sy vrou ernstig gewond is.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê die 65-jarige Niels Erichsen en sy 66-jarige vrou Leatitia is in hul bakkie by ‘n hek op die grondpad na hul kleinhoewe deur ‘n onbekende aantal rowers oorval. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig, waarna die rowers die egpaar gedwing het om na hul huis te ry.

Makau sê Erichsen het in die huis twee skietwonde opgedoen. Die rowers het die huis omgekrap op soek na waardevolle artikels om te steel. Hulle het aangedring op geld. Die mans het hulself ook gehelp met kos en iets te drinke.

Sy sê bankkaarte en selfone is gebuit. Die rowers het ook die egpaar se silwer Nissan Nevara se sluitels geëis, waarna hulle op die vlug geslaan het. Geen geld is gevat nie. Die egpaar se verlate bakkie is later op die R24 naby Hekpoort gevind.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n aanklag van poging tot moord en huisroof. Erichsen se toestand is onbekend.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.