Finansier halaal-belasting terrorisme?

Vingers wys min of meer na sekere Moslemlande as befondsers van jihadistiese terroriste in Sirië, Irak, en ander lande regoor die wêreld, maar baie verbruikers is onbewus daarvan dat die aankoop van produkte gesertifiseer as “Halaal” uiteindelik ook in die hande van die verkeerde organisasies kan beland.

Die Wahabiese Moslem Wêreldliga (MWL) vereis Halaal-sertifisering wat deur imams pre-gesertifiseer word in die lande van oorsprong. Dit beteken dat maatskappye wat uitvoer na Saoedi-Arabië geld stort in die skatkis van imams wat deur die Wahabiste goedgekeur is. Volgens Britse ontleder Alastair Crooke, is die terreurorganisasie ISIS ‘n direkte uitvloeisel van Wahabisme.

Halaal verwys na voedselprodukte wat voldoen aan die dieetwette van Moslemverbruikers.

Sowat 60 persent van halaalkos in Frankryk word beheer deur ‘n organisasie wat deel uitmaak van die Moslem-broederskap. Ander belastings ingesamel gaan na Islamitiese skole en moskees of direk in die sakke van diegene wat dit sien as ‘n lewensvatbare winsgewende besigheid.

Adviseurs van President Trump oorweeg tans ‘n bevel om die Moslem-broederskap aan te wys as ‘n buitelandse terroriste-organisasie, het die New York Times berig.

Steven Bannon het volgens die Washington Post die Broederskap as “die fondament van moderne terrorisme” beskryf in 2007.

Suid-Afrikaanse Moslemowerhede is ten minste nugter oor die saak. Hulle het daarop gewys – tot die ontsteltenis van die Halaal-sertifiseringsbedryf – dat die Koran die heffing van geld om kos te sertifiseer as halaal deur imams verbied.

Tog, die praktyk gaan voort met gelde wat gehef word vir halaal om verskeie jihadistiese groepe van groot bedrae kontant te voorsien.

In 2010 het die tweede grootste Franse kitskosketting, Quick, slegs halaal-kos in 22 van sy restaurante in Frankryk bedien.

Die besluit het gelei tot ‘n ontsteltenis in Frankryk, want Quick restaurante het die saamkomplek vir Moslembendes, insluitende jihadiste geword.

In 2015, het die Amerikaanse ketting Burger King Quick gekoop en in sy 509 restaurante in Frankryk, België, en Luxemburg bied hulle halaalkos aan.

Volgens Australiese Een Nasie partyleier Pauline Hanson is die beraamde waarde van halaal-akkreditasie wêreldwyd in die triljoene per jaar. Hanson sê die sertifisering is ‘n geldmaakfoefie, want selfs troeteldierkos, openbare vakansiedae, medisyne en vitamiene word ingesluit.

Die internasionale farmaseutiese bedryf wil “Halaal” handelsmerke vestig met ‘n geskatte waarde 500 miljard dollar.

Tydens ‘n verkiesingsveldtog in Queensland in 2015, het Hanson aan verslaggewers gesê: “ASIO [Australiese Sekuriteit en Intelligensie Organisasie] het opgetel dat die geld ‘n organisasie in Sirië finansier en die terrorisme daar”. ASIO het die aanklag ontken.

Australiese ikoon Cadbury het betaal vir die Moslem-sertifisering op hul Paasfees-produkreeks in 2014, alhoewel Paasfees is ‘n Christelike fees is.

Rachid Bakhalq, die eienaar van ‘n halaalsupermark in Nanterre, ‘n voorstad noord van Parys, sê die mark is oorval met valse produkte: “Tagtig persent! Die meeste van die Halaal produkte wat gebaseer is op vleis, is glad nie halaal nie.”

Op die groothandelmark buite Parys sê hy, “is daar mense daar gereed om alles wat jy Halaal wil hê te stempel, bloot omdat hulle geld wil hê en hulle neem 15 sent per kilo”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Mag en kan dit liedje van een Noorman nog ?

    il etait une fois,
    a l’entrée des artistes.,
    Un petit garcon blond !
    au regarde un peu triste(begrijpelijk)
    Il attendait de moi
    une phrase magique
    Je lui dit simplement
    si j étais président…..

    • Betzie van Rensburg

      Sprokie-droom.

  • Meskien moet die hele westerse wereld se mense net begin om die Halaal gemerkte produkte te Boikot. Dit sal dalk die produsente die saak in heroorweging laat bring.

    • Mattewis Kat

      Jy gaan basies van vark moet leef, want jy gaan niks anders in die supermark kry daarsonder nie! Ek dink ons moet ons eie merk vir aanvaarding kry (‘n vark kop stempel) waarby alle voedsel met ‘n stuk spek aangeraak moet word as deel van die proses van sertifisering.

    • Charl Coetzee

      Boer Jan, ek stem en ek doen dit al reeds lankal. Ek ondersteun ook produkte met Afrikaanse ettikette.

      Dit is tyd om op te staan as Christen Afrikaner.

  • Chroom

    Daardie geld wat ge in word is miljoene rande vanuit Suid Afrika, alleen. Wat dit nog erger maak is dat AL ons groot voedsel verskaffers hierdie duiwelsmerk op ons voedsel het en ons betaal daarvoor.. Ek het ‘n wegneemete saak gehad en die ouens het opgedaag, moslems, en gevra of ek nie die kos wil laat sertifiseer nie? Dit sou my, vir ‘n eenman besigheid ongeveer R 2000 per maand beloop en ‘n registrasie fooi van R 15000.00. Hulle sou dan onderneem dat al die moslems in daardie gebied, hul wegneem kos by my sou kom koop. Wil noem dat hierdie syfers 1996 syfers is en nou aansienlik hoër is. Dit was in die Wilropark omgewing in Roodepoort. Hoeveel moslems kon daar toe woon?
    Maar ek wil vra dat die Bestuur van Praag ‘n petisie laat optrek om die voedselverskaffers soos Tigerfoods, Clover en ander maatskappye te dwing om daardie merk van ons voedsel te laat verwyder. Julle sal dan sien dat indien hulle die moed het om dit te doen, hoeveel goedkoper die kos sal raak. die moslemgeloof het nie ‘n bestaansreg nie, hulle en satanisme loop hand aan hand en hulle wat die minderheid is kan nie vir ons wat christene is en die meerderheid is kom voorskryf wat om te doen of nie. As alternatief moet die Christus kruis teken ook op die kos verskyn en moet die verskaffers en vervaardigers ook daardie selfde astronomiese bedrae aan sending skenk.

    • besoeker

      Jare terug die stryd aangeknoop oor margarien wat ALMAL gehalaal was. My standpunt was dat ek die keuse ontneem word om te kan kies om halaal al dan nie te koop. Met die nasionale bestuurder van destydse NCD gepraat.

      Tyd mors- boikot is al. Maar daar sal nooit genoeg steun wees nie- 50 plus miljoen is onopgevoed en hulle is en bly die koopkrag.

    • Kalium_Chloraat

      Mammon is die magtigste afgod. Hy is ook jaloers en eis dat alle aktiwiteite aan hom onderdanig moet wees. Groot besigheid se uitsluitlike doel is om hom te dien.

  • Mattewis Kat

    Ons is terdeë bewus van die boosheid wat op ons afgedwing is (en steeds word) deur die Kosher & Halaal bedrog, maar is magteloos om iets daarteen te doen. Pienk Frikkie en sy Broederbond bende het dit lankal reeds bewerkstellig toe hulle hulle siele aan die duiwel verkoop en hulle volk uitgelewer het. Net die onnosel het hulle geglo toe hulle wigte en teenwigte belowe het, en was bereid om rugby en krieket as beloning te aanvaar.

  • Suidpunt

    O, vrek. Van Google spring ons na ontbytpap.

    Tegnies gesproke mag mens slegs vir vreemdes rente vra soveel jy wil, maar die Christene (sowel as Jood?) vra tog steeds rente onder mekaar – dikwels as ‘n aanmaning vir die persoon om terug te betaal (en om vir die ou tussen hakies te sê – met daardie geld kon ek nou dit en dat gedoen het, jy is vir my so ‘n effense las). En tog behoort ons almal aan die heidense banke wat deur dieselfde kultusleiers bestuur word. Ek vra nooit rente vir mense as hulle by my geld leen nie, want dit is streng gesproke teen my geloof. Ek leen net oordeelkundig aan mense uit wie ek weet my terug sal betaal. En tog sê die Wysheid van Sirag mens moenie skaam wees om uit te leen nie (hoewel daardie Apokriewe boek ‘n bietjie nie ver vooruit dink nie – want wat as ek ‘n dranksugtige sy drankduiwel help voer?)

    As die geld op kosprodukte nog vir kankernavorsing sou gaan het ek geen probleem daarmee nie. Maar, ek gaan nou soos baie Dene in Denemarke vra: waarom moet my belastinggeld ‘n sekere kerk of geloof finansier waaraan ek nie eens behoort nie? Watter voordeel kry ek daaruit? As mens regtig aan al die voordele moet dink wat die staat gratis elke jaar versprei – al is dit ook iets beskeie soos ‘n Kaapse Bibliotekaris tydskrif – dan is mens ‘n baie ryk man, want jy sal orals moet rondhol om daardie voordele in die hande te kry. Mens is so onwetend. Jy kan die staat leegsuig.

    Oor iets anders wonder ek ook nou. Baie mense voel skuldig oor geld wat hulle aan die Bybelgenootskap byvoorbeeld skenk en dan via belasting kan terugeis. Ek voel weer: jy wen dubbeld jou geld terug. Jy gee geld vir die Genootskap, jy kry geld terug van die staat, jy stuur dit weer na ‘n ander organisasie… nou is my vraag of jy hierdie siklus kan herhaal, of jy so kan aanhou met aanhou met aanhou totdat jou skenkings so uitspiraal dat jy later met miljoene staatsgeld net heeltyd ander organisasies kan befonds. Genade – ek kan die staat mos leegtap!

    Ek kry dus nie voordeel uit enige Halaal-etiket nie – ek moet trouens ‘n duurder prys daarvoor betaal. Ten minste bring my tannie vir my sou elke nou en dan lekker ryk Jerseymelk vars van die plaas af.