Honger hi?na slaan toe

Deel op

’n Werker van ’n natuurreservaat in Mpumalanga is gister deur ’n hiëna aangeval en doodgemaak.

Mnr. John Khoza (39) was besig om in ’n kamer by die Inyathi Sabi Sand-natuurreservaat televisie te kyk toe die hiëna toegeslaan het.

Die reservaat is naby die Krugerwildtuin.

Supt. Abie Khoabane het gesêdie hiëna is waarskynlik soontoe gelok deur vleis wat daar gaargemaak is.

Veiligheidswagte het die hiëna met sambokke verwilder, maar Khoza was reeds dood, het Khoabane gesê.

Die hiëna is later deur ’n wildbewaarder doodgeskiet.

line casinoФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.