Meerderheid Europeërs wil Moslem-immigrasie stopsit

‘n Peiling het getoon dat ‘n meerderheid van Europeërs ‘n verbod op immigrasie uit Moslem-meerderheid lande steun, ten spyte daarvan dat inwoners vertel word deur hul huidige leiers dat hulle “vlugtelinge” móét verwelkom.

“Nuwe navorsing dui op beduidende en wydverspreide vlakke van openbare angs”, het ‘n opname aangedui. Die Chatham House Royal Institute of International Affairs het aanlynrespondente uitgevra oor hul standpunte rakende die stelling dat “alle verdere migrasie van hoofsaaklik Moslemlande gestop moet word”.

Slegs 20 persent het nie saamgestem nie, terwyl 25 persent nie ‘n mening oor die saak gehad het nie.

Die Chatham House-opname is voor die Amerikaanse president Donald Trump ‘n uitvoerende bevel wat immigrasie uit die sewe Moslem lande verbied, gedoen. Die lys van lande is deur Barack Obama opgestel, maar sy surrogate maak asof hulle dit nie weet nie en gaan tekere oor Trump se “onmenslikheid”.

Gemiddeld, dink 55 persent van die mense wat ondervra is in 10 Europese lande, dat alle toekomstige immigrasie uit Moslemlande voor die voet moet ophou. Die verbod is deur 71 persent van die mense in Pole, 65 persent in Oostenryk, 53 persent in Duitsland en 51 persent in Italië gesteun. ‘n Yslike 72 persent van Hongare het ‘n negatiewe siening van Moslems.

Die potensiële uitwerking van Moslemimmigrasie op binnelandse politiek op daardie lande, is ook uitgelig.

“In die meeste van hierdie lande, is radikale regses van wisselende grade ‘n politieke mag en wil hierdie angs oor Islam mobiliseer by die stembus, hetsy gedurende verkiesings in 2017 of op die langer termyn.”

Net twee van die tien lande was nie gekant teen immigrasie uit hoofsaaklik Moslemlande nie: Spanje en die Verenigde Koninkryk waar ‘n meerderheid van die respondente bereid is om meer Moslems te verwelkom. In die Verenigde Koninkryk, het slegs 47 persent ‘n verbod ondersteun.

‘n Ipsos Mori-peiling in 2016, het bevind dat die Europeërs die aantal Moslems wat in hul lande woon, totaal oorskat. Die Franse publiek dink daar is meer as vier keer die werklike getal en in Brittanje heers ‘n persepsie van drie keer groter as die werklike syfer.

Maar interessant het die opname bevind daar is min korrelasie met die aantal Moslems wat reeds in ‘n land gevestig is en die weersin in hulle.

“Openbare teenkanting teen verdere migrasie vanuit Moslemlande is veral intens in Oostenryk, Pole, Hongarye, Frankryk, en België,” lui die verslag. Maar daar is baie minder Moslems in Pole as in Frankryk, byvoorbeeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Het vanaf de jaren ’60 ongelimiteerd naar binnen liegen van Afrikanen/moslims en verzwijgen van de catastrofale gevolgschade in de W.E. EUSSR, ontbeert elk democratisch gehalte.
    Begon met zg. ‘gastarbeiders’ en mensen uit de voormalige koloniën en ging vanaf dag 1 ten koste van de eigen volken.

    Het is bv. toch boosaardige waanzin dat MEER DAN DE HELFT van alle Surinamers uit vrij en onafhankelijk Suriname in 1975 naar Nederland kwam om merendeels generaties lang de hand op te houden. 300.000 stuks.
    En daar nu al 35 jaar zaniken en uitwijkend om de pot heendraaien over de december moorden door dope dealer en massamoordenaar Bouterse

  • Ou Transvaal

    Ek wonder hoekom Israel nooit in hierdie meningspeilings genoem word nie ??
    Ek het onlangs gelees van ‘n geval in Israel waar ‘n Jodin nie Joods genoeg was om met ‘n ortodokse Jood te trou en dan nie in ‘n wettige huwelik wat deur die ‘staat ‘ erken word bevestig word nie, wat sal hulle standpunt wees met ‘n paar honderdduisend “vlugtelinge ??
    Dan is daar natuurlik Mekka wat permanente blyplek vir ‘n magdom moslems slegs eenkeer per jaar bied en hierdie behuising is die res van die jaar leeg – nogal naby aan al die lande waaruit daar so gevlug word !!!!Kyk hulle dan nie na hulle eie nie of is dit nie die teiken van die kolonialisering/ inval nie???

    • Johann Schutte

      Dis soos ‘krismisboks’ of ander vorme van ras-gekoppelde welwillendheid/filantropie. Ek vermoed dis net witmense wat hierdie tipe feel-good verantwoordelikheid opneem.

      Amakeia is `n mite.

      In terme van die meer moderne ras-gedifferensieerde definisies van rassisme, word blanke uitwysing van ras-dispariteit op enige vlak insigself `n rassistiese daad.

      Hulle gaan PRAAG toemaak. Kyk nou mooi.

  • Fork

    Moslems gaan die wereld vernietig

    • Rifrug

      … of hulle gaan ten minste probeer !