Kind ontdek ma se verminkte lyk na skool

Die polisie in Limpopo is op soek na ‘n tweede swart verdagte na die grumoord op Tanya Wiers in Pietersburg (Polokwane).

Inwoners van Sterpark sê hulle leef in vrees vir swart aanvallers omdat misdaad skerp toegeneem het. Hulle hoor al hoe meer van kapings, sê hulle.

Die eerste swart verdagte het in die buurt gewerk. Van die items wat gesteel is tydens die moord is in sy besit gevind, waaronder ‘n skootrekenaar en juwele. Hy sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Wiers het verskeie steekwonde aan haar nek en ken gehad, asook aan haar hande, wat dui op pogings om haarself teen die moordenaar se mes te beskerm.

Haar oë is met ‘n skerp voorwerp verwyder.

Wiers se geskokte seun het Dinsdag op sy ma se naakte liggaam afgekom toe hy van die skool terugkom.

Volgens die polisie het die tweede swart verdagte by die Wierse gewerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.