Bruin egpaar vas na grumoord op Hennenman

‘n Bruin egpaar is in hegtenis geneem na ‘n grumoord op Wilfred Ernsting.

Die twee het Woensdag in die Hennenman-landdroshof verskyn nadat hulle in ‘n begrafplaas vasgetrek is.

Wyne Rosslee en sy vrou Charlotte se saak is tot 15 Februarie uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Die oorledene se buurman het onraad vermoed toe die twee vermeende moordenaars met Ernsting se motor weggery het.

Hy het gaan ondersoek instel en die lyk wat onder ‘n laken toegegooi was, deur ‘n venster opgemerk. Die buurman het dadelik die polisie ontbied.

Die hele sllaapkamer met met bloed besmeer en die oorledene se hande en voete was vasgebind.

Ernsting se voertuig is reeds in ‘n swart lokasie, Phomolong, buite Hennenman opgespoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.