Vrese ontstaan vir 100,000 poste in Britse motorindustrie

Deel op

Image'n Britse motorvervaardiger is op die punt om toe te maak, wat 'n bedreiging inhou vir 100 000 poste, het vakbondverteenwoordiger Alistair Darling gister gewaarsku.

Die naam van die aanleg is nie genoem toe die kanselier die gesamentlike algemene sekretarisse van Unite, Derek Simpson en Tony Woodley, vir krisisonderhandelings by die tesourie ontmoet het.

Hulle het die vergadering aangevra ná verhoogde vrese vir die sluiting van 'n aanleg waarvan die naam nie genoem is nie, selfs ná 'n 2,3 miljardpondreddingspakket vir die motornywerheid verlede maand aangekondig is.

{mosbanner:id=10}

Die vakbondleiers het die kanselier versoek dat die regering nog 13 miljard pond beskikbaar maak om die beleerde nywerheid te help.

Hulle het gesê die fondse sal vervaardigers help om indienshoudingskostes te dek.

Mnr. Simpson het gesê: "Die probleme in die motorindustrie het krisispunt bereik. Tensy daar nie dringende hulp is nie, kan die vervaardigingsnywerheid in Brittanje dalk nie weer herstel ná die resessie nie."

"Ons het dit baie duidelik gemaak dat die vooruitsig van die sluiting van 'n aanleg 'n vernietigende uitwerking op Britse vervaardiging kan hê. Onmiddellike en effektiewe ingryping van die regering is nodig."

Die hele industrie word deur die resessie nadeling beïnvloed, met verbruikers wat die aankoop van duur items, soos nuwe motors, uitstel.

Nuwe motorverkope het in Januarie gedaal met 31% tot 112 087, en die hele nuwe motormark sal volgens voorspellings 20% krimp in 2009, volgens die vereniging van motorvervaardigers en -handelaars.

Vervaardigers het op die afplatting gereageer deur poste te besnoei, salarisse te bevries en produksie te verlaag in 'n desperate poging om oorhoofse kostes te verlaag.

Net in dié week het BMW 850 poste verminder by sy Mini-aanleg in Oxfordshire, Toyota het salarisse en bonusse van personeel bevries en vrywillige skeidingspakkette aangebied aan werknemers, en 'n verdere 564 poste is besnoei by die motorkomponente groep GNK.

Net verlede maand het lord Mandelson 'n 2,3 miljardpondmotorhulppakket onthul, wat die mense in die industrie koud gelaat het.

Mnr. Simpson het bygevoeg: "Ons kan nie toelaat dat 'n korttermynprobleem Brittanje ontneem van vaardighede wat ons sal nodig hê om op die lang termyn in die wêreldekonomie mee te ding nie."

Syfers van die Nasionale statistiekdiens toon dat 'n gemiddeld van 2 877 mense per dag nou hulle werk verloor.

no red ikданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.