Zuma ontplooi weermag in parlement vir staatsrede

Die DA wil dringend met die Speaker van die Nasionale Vergadering vergader oor wat die party noem “president Jacob Zuma se militarisering van die parlement”.

Die party het voorheen saam met die EFF deel daarin gehad om die parlementsitting te ontwrig.

Zuma het die ontplooiing van 441 weermaglede goedgekeur om wet en orde by die parlementsopening te handhaaf.

Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen sê die president se doelbewuste woordkeuse van wet en orde dui op die gebruik van militêre mag en nié net op die weermag se sermeoniële rol nie.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê die president se besluit om soldate te ontplooi is ‘n bewys dat hy angstig is.

Die SABC sal die staatsrede regstreeks oor sy nuuskanaal en radiostasies uitsaai. Die dekking begin op drieuur die middag om kykers en luisteraars op hoogte te hou van al die gebeure.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.