Globale aandelemarkte tuimel

Deel op

Globale aandelemarkte het Vrydag gedaal nadat Wallstraat oornag geval het tot 'n 6-jaarlaagtepunt terwyl slegte werkloosheidsdata in Amerika vrese vir die wêreld se grootste ekonomie versterk het.

Europa se vernaamste markte het gedaal met omtrent 3%, met beleggers wat verkies het om hulself te verskans te midde van toenemende vrese vir 'n verlengde globale ekonomiese afplatting, met vertroue in die banksektor wat weer afgeneem het.

Gedurende oggendhandel het Londen 2,81% gedaal, Frankfurt het 3,16% gedaal en Parys 3,41%.

Wallstraat se Dow Jones-nywerheidsgemiddeld het oornag 1,19% verloor en geëindig op 7,465.95 punte – die laagste sluitingsvlak sedert 9 Oktober 2002.

"Dit kan 'n redelik skadelike sluiting vir die week wees nadat die Dow gisteraand gesluit het onder die 7,500 vlak – dis die laagste in omtrent 6 jaar," het CMC Markets-handelaar Matt Buckland gesê.

интернет магазин летней одежды для девочеклобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.