Die oneerlikheid van oop-grens filantrope

Die wynglasie links kan nie die aantal balletjies regs akkomodeer nie
Deel op

Terwyl oop-grens entoesiaste se woede teen President Trump se immigrasiebeleid oplaai, word gesê dat Amerika sy grense moet oop hou vir die miljoene armes regoor die wêreld vir humanitêre redes, maar hul voorstelle sal nie veel verskil maak nie.

So sê joernalis Roy Beck, want vir elke miljoen wat in die Verenigde State van Amerika inkom, word daar nog 80 miljoen mense jaarliks ​​gebore in lande met uiterste vlakke van armoede, geweld of oorlog. Volgens Beck, sal selfs die afskaffing van Amerikaanse grense of tot vyf miljoen meer mense per jaar absoluut niks verander nie.

Die VSA neem ‘n miljoen mense per jaar, maar in die groter skema van dinge verander niks in die wêreld nie.

Volgens die VSA se Census Bureau statistiek, emigreer 1,3 miljoen buitelandse individue wettig na die Verenigde State per jaar. Dit sluit nie in die byna ‘n miljoen immigrante wat die land elke jaar onwettig binnekom nie.

Beck sê daarom sal oop grense eenvoudig nie werk nie. Diegene wat onbeperkte immigrasie ondersteun hou vol dat wit lande nog meer mense moet inneem, terwyl nie-blanke lande maar hul grense en nasionalisme mag hou.

‘n Ryk land soos Saoedi-Arabië aanvaar nie ‘n enkele vlugteling nie, selfs al is hulle Moslem.

“Immigrasie kan nooit ‘n doeltreffende of beduidende manier wees om om te gaan met die arm mense van die wêreld nie… hulle moet gehelp word waar hulle woon.

“Die 99,9 persent van hulle sal nooit in staat wees om te immigreer na ‘n ryk land nie… daar is geen hoop vir daardie mense nie… hulle moet blom waar hulle geplant is… die enigste plek waar 99,9 persent van hierdie mense gehelp kan word is waar hulle woon.”

Immigrasie word gebruik as ‘n regverdiging vir geweld en anti-wit rassisme. Diegene wat sulke emosiebelaaide verhale van filantropie blindelings glo en rasionele denke verafsku, behoort die werklikheid van miljoene immigrante uit arm lande te oorweeg.

In 2015, het slegs 2 miljard mense in die ontwikkelde wêreld gewoon, terwyl die ander 5,2 miljard mense in die ontwikkelende wêreld leef. Dit is dus ‘n vorm van intellektuele oneerlikheid om voor te gee dat wêreldwye armoede en die gevolglike vlugtelingkrisis opgelos kan word deur middel van hoër vlakke van immigrasie na die ontwikkelde wêreld.

Die Amerikaanse federale regering bedryf 126 verskillende welsyns- of anti-armoede programme. Federale welsynsbesteding alleen beloop meer as $14,848 vir elke arm man, vrou en kind. Vir ‘n tipiese arm gesin van drie, is dit meer as $44,500. Gekombineer met staats-en plaaslike besteding, bestee die regering $20,000 aan elke arm persoon in Amerika, of $61,830 per arm gesin van drie.

Miljoene meer immigrante sal die VSA se welsynstelsel laat inplof, sonder om selfs ‘n duik op armoede in die wêreld te maak.

“Selfs al verdubbel ons immigrasie [in die VSA] na twee miljoen per jaar … wat heeltemal ons fisiese, natuurlike en sosiale infrastruktuur sal oorweldig, kon ons nie eens ‘n sigbare verskil maak nie,” sê Beck.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.