Google sit agter Moslemverbod se regsgedinge

Eric Schmidt van Google se miljoene wat op Hillary gereën het, het ook nie gewerk nie
Deel op

Wie betaal vir duur “Moslem-reisverbod” regsgedinge in die VSA? Dis nie net die gewone ou walgwors George Soros nie.

Terwyl organisasies befonds deur Soros ook betrokke is, is die ander bron van fondse in die voortdurende anti-Trumpveldtog, Google.

Soos Bloomberg berig, het die maatskappy betaal om meer as 120 handtekeninge in te samel van meestal tegnologie maatskappye wat die howe gaan nader teen die uitvoerende bevel President Donald Trump om sekere Moslemimmigrante uit te hou.

Google was die een wat vir Hillary Clinton ‘n “strategiese plan” opgetrek het om te help dat die Demokrate wen, maar het liederlik daarin gefaal om hul kandidaat verkies te kry, ten spyte van hul beste pogings.

Tegnologiereuse is op ‘n ware kruistog om hul goedkoop H1-B werkers te hou, en ander maatskappye met soortgelyke behoeftes het nou aangebied om ‘n deel van die koste te finansier, het Bloomberg geopenbaar.

Alphabet, wat die moeite gekoördineer het, het die regsfirma Mayer Brown LLP in Washington DC genader om die anti-Trump regsaak te hanteer.

Die tegnologie maatskappye hou vol dat die ekonomiese en sosiale bydrae van immigrante “enorm” is. In hul argumente wat Sondag in die Amerikaanse Hof van Appèl in San Francisco geliasseer is, ondersteun hulle ‘n regsgeding deur die state van Washington en Minnesota om Trump se uitvoerende bevel te stop.

Apple, Airbnb, Facebook, Microsoft, Tesla, Lyft, Netflix, Snap en Uber is van die tegnologie maatskappye wat deel maak van die aanslag.

“Immigrante maak baie van die grootste ontdekkings in die land [VSA] en het ‘n paar van die land se mees innoverende en ikoniese maatskappye tot stand gebring,” lui die verklaring. “Amerika is lank bewus van die belangrikheid om onsself te beskerm teen diegene wat ons skade sal doen. Maar ons fundamentele verbintenis tot die verwelkoming van immigrante is nooit daardeur geraak nie – deur middel van verhoogde agtergrondnavorsing en ander beheermaatreëls op mense wat na ons land wil kom.”

‘n Appélhof in Amerika het reeds argumente aangehoor oor of President Donald Trump se reisverbod teen Moslems diskrimineer.

Die uitvoerende bevel het ‘n tydelik verbod geplaas op alle vlugtelinge en besoekers uit sewe hoofsaaklik Moslemlande. Die bevel is verlede week deur ‘n federale regter opgehef.

Regter Richard Clifton het gevra of dit diskriminasie is indien dit slegs 15 persent van die wêreld se Moslems raak. Hy is een van drie regters in die Appélhof wat later die week uitspraak sal lewer.

Die departement van Justisie se regsverteenwoordiger het ‘n beroep op die regters gedoen om die bevel weer in te stel, en sê die kongres het die president die mag gegee om te beheer wie die land kan binnegaan en wie nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.