Swart Demokraat braak gal oor ‘Poetin se inval in Korea’

Deel op

Die swart Demokratiese Kongreslid Maxine Waters hou nie van president Vladimir Poetin se “inval in Korea” nie, en dit terwyl Poetin die Amerikaanse president stewig in ‘n omhelsing hou.

Waters het ook ‘n beroep gedoen vir die vervolging van president Donald Trump, al het sy geen bewyse gegee dat Trump die wet oortree het nie.

Verslaggewers het verbaas geluister hoe Waters, saam met ander Huis Demokrate, gepoog het om die saak te stel vir waarom Demokrate die vervolging van Trump moet oorweeg.

“Hoe kan ‘n president wat optree op die wyse waarop hy optree – of hy praat oor die [Moslem]reisverbod, die manier waarop hy teen Moslems uitvaar, en of hy praat oor sy verhouding met (Vladimir) Poetin en die Kremlin en die wete dat hulle ons gekraak het (Demokratiese Kongres Komitee veldtog) en die DNK (Demokratiese Nasionale Komitee),” het Waters uitgevaar.

“En die wete dat hy verantwoordelik is vir die verskaffing van die bomme wat onskuldige kinders en gesinne vermoor het in … uhm … in, uhm …” het sy gesê, maar kon nie die naam onthou totdat iemand agter haar gefluister het nie: “Aleppo.”

“Ja … in Aleppo,” het sy gesê. Onverstoord het Waters voortgegaan, “En die feit dat hy met sy arms om Poetin staan terwyl Poetin se inval in Korea vorder.”

Korea, die Krim, die twee moet dieselfde klink vir Waters, maar verslaggewers het na haar gestaar in ongeloof.

Met verwysing na Trump, het sy gesê: “Ek dink hy verkeer in daardie soort posisie waar mense sal begin vra:” Wat gaan ons doen? En die antwoord gaan wees: ‘Uiteindelik gaan ons iets daaromtrent doen’.”

Moskou verwag intussen ‘n verskoning van Fox News ná gasheer Bill O’Reilly die Russiese president Vladimir Poetin ‘n “moordenaar” genoem het. Die onvleiende term is gebruik om te bevraagteken of Donald Trump se voorneme om nouer saam te werk met Rusland wenslik is.

Kremlin woordvoerder Dmitri Peskov het gesê: “Ons sou verkies om ‘n verskoning te ontvang aan die Russiese president van ‘n gerespekteerde TV-stasie soos dié.” Hy het gesê dis onaanvaarbaar en beledigend.

Trump het die nare kommentaar afgemaak ten tye van die onderhoud en gesê: “Daar is ‘n baie moordenaars. Ons het baie moordenaars hier [in die VSA]. Wat, dink jy ons land is so onskuldig?”

Trump het nie spesifieke Amerikaanse amptenare genoem nie, maar verwys na die Amerikaanse inval in Irak in 2003 as ‘n voorbeeld van waarom hy nie dink dat Amerika so onskuldige kan wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.