Soustreinpassasiers kerm oor haatspraakwet

Deel op

Die FW de Klerk-stigting het ‘n voorlegging aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gedoen oor rassisme op sosiale media in Suid-Afrika, in die aanloop tot die kommissie se openbare sittings wat volgende week plaasvind.

Die besware van die Stigting klink soos ‘n klug. Hulle sê die gebruik van sosiale media “word nie betwis nie”, maar wel die gebruik van rassistiese en beledigende woorde om mense te beskryf.

Terwyl die hoofstroommedia en die soutreinpassasiers oor die fynere punte van liberale ideologie murmureer, word daar daagliks wittes doodgemartel waaroor geen haan kraai nie.

Dit lyk of sekere belange kwaad is omdat hulle nie meer vir Jacob Zuma sal kan verkleineer nie.

Die wetsontwerp maak sogenaamde “haatspraak” ‘n misdaad en sal ook bestaande misdade, soos aanranding, verhef tot ‘n haatmisdaad indien die oortreding aangevuur is deur vooroordeel en onverdraagsaamheid. Dit is natuurlik teen wittes gemik, maar veral diegene wat maak asof hulle rasblind is.

Die ANC se voorgestelde “haatspraakwet” is kennelik ‘n rooi vlag vir die wit soustreinwa wat gedink het daar kan na regs en links geslaan word, soos die De Klerk-stigting. In wese moedig die Stigting veroordelings teen mense soos Penny Sparrow aan, maar wil vir “ewewigtigtigheid” ‘n paar swartes ook ingesluit sien weens hul “rassistiese” uitsprake om hul plekkie op die draad by die ander “nie-rassige” draadsitters te verseker.

Advokaat Nadine Badenhorst, regsverteenwoordiger vir Vryheid van Geloof Suid-Afrika, ‘n “stem vir die Christelike Kerk in Suid-Afrika”, sê die wetsontwerp in sy huidige vorm sal gelowiges se monde snoer deurdat die “verkondiging, onderrig of gesprek” oor omstrede Skriftuurlike kwessies soos “aborsie, kreasionisme, genadedood, prostitusie, seksuele onsedelikheid” nie geduld sal word nie.

Badenhorst het gewaarsku dat “liberale aktiviste” besig is om “hul eie agenda te bevorder, wat na hul mening, ‘ekstremisties, fundamentalisties, eng en bekrompe’ is”.

Die Suid-Afrikaanse Unie van Onafhanklike Kerke het die wetsontwerp veroordeel en gesê dit maak inbreuk op Christene se regte.

Volgens die wetsontwerp word kritiek teen mense se seksuele oriëntasie as ‘n haatmisdaad beskou. Die NG Kerk het onlangs by ‘n buitengewone algemene sinode besluit dat predikante van dié kerk nie meer homoseksuele mense mag in die eg mag verbind nie.

Die amptelike naam van die wetsontwerp is die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak.

In kort, sal die voorgestelde wet alle openbare uitinge kriminaliseer wat “rassistiese” stellings maak, (soos Penny Sparrow se berugte Facebookpos waarin morsjorse as ape beskryf word) of die president, byvoorbeeld, belaglik maak. Dit sluit komediante en spotprenttekenaars in.

Die departement van Justisie het die sperdatum vir die publiek om voorleggings te maak oor die voorgestelde nuwe wetgewing om haatmisdade en haatspraak te bekamp, voorheen uitgestel.

Die sperdatum vir kommentaar oor die voorgestelde Wet op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak, is verleng.

Kritici beweer dat hoewel die wetsontwerp geïnspireer is deur anti-haatspraak wette in Kenia, Australië en Kanada, dit spraakvryheid grondig aantas. Die Suid-Afrikaanse weergawe bevat baie feller bepalings. Dit val buite die aanvaarde norme en verpligtinge oor internasionale vryheid van spraak en gaan veel verder as ‘n internasionale anti-haatspraak instrument.

Die Suid-Afrikaanse boetes vir haatspraak lyk baie erger. Vir ‘n eerste oortreding is dit ‘n drie-jaar tronkstraf of ‘n boete, en vir ‘n tweede oortreding kan die tronkstraf 10 jaar of ‘n ooreenstemmende boete wees. In Brittanje is dit eerder ‘n ses-maande tronkstraf vir ‘n eerste oortreding.

In 25 Januarie vanjaar het Duitsland hul haatspraakwet afgeskaf wat die eer van besoekende buitelandse leiers beskerm, net betyds vir ‘n staatsbesoek deur president Donald Trump wat op hande is. Kennelik dink die Duitse regering hulle moet genoeg vryheid gegun word om Trump sleg te sê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.