Obama moet om verskoning vra, meen Tutu

Deel op

Image

Desmond Tutu

Aartsbiskop Desmond Tutu (77) het gesê dat toe Obama in November verlede jaar verkies is "ek wou spring, dans en sing" soos hy gedoen het ná hy die eerste keer in sy tuisland gestem het in 1994.

Maar 'n paar weke in die bewind van die nuwe administrasie, het hy nou gewaarsku in 'n artikel vir die BBS-webwerf dat die hoë verwagtinge rondom Obama se presidentskap kan versuur.

Obama "kan baie maklik die goedertrou wat sy verkiesing opgewek het, vermors," het Tutu geskryf.

"Dit sou wonderlik wees indien Obama, namens die nasie aan die wêreld, en veral aan die Irakese mense verskoning vra vir 'n inval wat ek glo in 'n totale ramp ontaard het."

Tutu het ook 'n beroep gedoen op Obama om hom teen tirannie in Afrika uit te spreek.

полиграф стоимостьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.