Egpaar oorleef wrede Marquard-aanval

Deel op

‘n Egpaar van Marquard in die Vrystaat wat wreed in hul huis aangeval is die naweek, sterk aan in ‘n Bloemfonteinse hospitaal.

Ilse Botha sê dit gaan onder die omstandighede goed met haar ouers, Lourie en Celia van der Merwe, albei 60, wat Saterdagnag in hul huis deur ‘n swart aanvaller met ‘n mes oorval is.

Lourie het vier steekwonde aan die lyf opgedoen, terwyl Celia met ‘n mes in haar gesig gesteek is.

Botha sê haar ma se boonste kakebeen is gebreek en sy het frakture in haar gesig opgedoen. Die medici monitor bloeding op die brein voordat hulle kan voortaagn om narkose toe te dien vir die operasie, sê haar dogter.

Die swarte wou hê Celia moes haar man vasbind en met vuurhoutjies aan die brand steek, maar sy het geweier. Lourie is gedwing om rottegif te eet, maar het ook geweier.

Die aanvaller het toe Lourie se oë oopgedwing om van die gif en chemikaliëe in te gooi “sodat hy nie moet sien wat met Celia gebeur nie”. Die swart aanvaller het gedreig om haar te verkrag.

Sy sê haar pa het haar ma die hele tyd beskerm. Sy sê die aanvaller het haar ouers verskeie kere met die dood gedreig.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.