Tsvangirai vra geldelike hulp van SA

Deel op

Image

Morgan Tsvangirai

Zimbabwe se eerste minister Morgan Tsvangirai sal na verwagting Vrydag vir president Kgalema Motlanthe vra vir ten minste R6 miljard in die vorm van 'n reddingspakket om salarisse vir Zimbabwe se staatsamptenare te betaal vir die volgende 6 maande en om ander belangrike dienste-uitgawes ook in dié tydperk te dek.

Tsvangirai en sy nuwe minister van finansies, Tendai Biti, en die minister vir ekonomiese beplanning Elton Mangoma is geskeduleer om Motlanthe, die minister van finansies Trevor Manuel en die minister van buitelands sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, Vrydag in Kaapstad te ontmoet.

Donderdag het die Suid-Afrikaanse direkteurgeneraal van buitelandse sake, Ayanda Ntsaluba, gesê die twee spanne sal die heropbou van Zimbabwe bespreek, maar geen verdere inligting is verskaf nie, omdat die vergadering deur Tsvangirai versoek is.

Betroubare bronne het gesê Tsvangirai, in sy eerste besoek aan Suid-Afrika as eerste minister, sal by Motlanthe vra vir die hulppakket in die vorm van 'n lening wat terugbetaal sal word "sodra die nuwe regering Zimbabwe se inkomstediens weer op die been het".

Indien Suid-Afrika nie die hulppakket op sy eie kan bekostig nie, sal Tsvangirai vir Motlanthe vra om by die SAOG-lande te vra om te help bydra.

Tesame met die hulppakket gaan Tsvangirai ook vir Suid-Afrika vra om nuwe kredietkanale vir die beleërde privaatsektor in Zimbabwe oop te maak.

медсправка форма 086-уДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.