Carl Niehaus, die model-‘Afrikaanse’

Deel op

ImageTerwyl ek vanmôre na die Star se jongste opskrif in die verkeer kyk, "Niehaus's lobola splurge", tref dit my skielik: Eintlik is Carl Niehaus die model-"Afrikaanse".

Deel op

Ons word al jare lank vertel dat mense soos Niehaus wat vroeg genoeg by die ANK aangesluit het en bereid was om bomme op stasies of in Wimpy-restaurante te stel die eintlike helde van die Suid-Afrikaanse geskiedenis is. Anders as Roelf Meyer wat eers ná Mandela se vrylating geestelik na die terroristebeweging oorgeloop het, was Niehaus 'n voorbok.

Trouens, as mens ingaan op Die Burger se argiewe dan kom jy agter dat daardie koerant, asook die hele Naspersmediagroep, om van die spul ANK-marionette by die SAUK nie eens te praat nie, tot eergister nog snakkende, op-hul-knieë-kruipende bewonderaars van die tokkelokterroris was. Die SAUK het selfs 'n TV-program oor Niehaus gemaak met die titel, "Van tokkelok tot terroris". Intussen het ons uitgevind dat Niehaus, soos Jacob Zuma, feitlik niks behalwe miskien standerd vier deurgekom het nie, maar desnieteenstaande as "Doktor Niehaus" bekendgestaan het.

Daardie bebrilde Afrikanerhater wat hom verbeel dat hy 'n politieke joernalis is, Jan-Jan Joubert, was een van Niehaus se voor-in-die-koor-sikofante. Op 27 April 2004 het Jabroer Joubert hom saam met Carl die Grote Doktor Niehaus daarin verlustig dat "die stugge Uniegebou… 'n musiek-ekstravaganza" gaan huisves wat uit 'n multikulturele "allegaartjie" bestaan wat "net in Suid-Afrika kan onstaan".

Terwyl Naspers se held met voete van klei nou deur die Engelse pers so te sê lewendig opgevreet word, doen die Nasperskoerante minder geesdriftig daaraan mee. Want, verteenwoordig Niehaus ná alles nie die ideaal waartoe elke regdenkende "Afrikaanse" behoort te streef nie?

Nie net het Niehaus sy rug op Afrikanerskap gedraai nie, maar hy het selfs sy linkse virago van 'n vrou, Jansie Lourens, vir 'n ousie gelos. Volgens vanmôre se Star, het die platsak Niehaus redelik onlangs met die balju wat sy drempel deurtrap nog kans gesien om R35 000 lobola vir sy derde vrou, Mafani Gunghuluza, op te dok.

Soos Oscar Wilde sou sê, is daar een ding beter as 'n Afrikanerverraaier wat sy eie mense in die rug gesteek het en dit is 'n Afrikanerverraaier wat bereid is om lobola vir sy ousie te betaal. Die Huisgenoot is waarskynlik steeds in ekstase oor Niehaus – sy spandabele, leuenagtige gedrag ten spyt. Al om die ander week stal die grootste Afrikaanse gesinstydskrif immers gemengde paartjies soos Bryan Habana en Janine Viljoen op hul voorblad uit in 'n manie van veelrassige, veelkleurige, veelkopulerende vermenging wat die mal Amerikaanse professor Noel Ignatiev wat "die wit ras wil afskaf" se hart sou verbly.

Voordat ek nou weer by die Menseregtekommissie vir rassisme verkla word, wil ek dit onomwonde stel dat ek niks teen Mafani Gunghuluza het nie. Sy word trouens op die ouderdom van 31 as 'n "ervare en innoverende sakevrou" beskryf. Sy is glo "'n direkteur van verskeie maatskappye en 'n lid van die South African Women Entrepreneurs' Forum". Sy lyk ook meer eg as Niehaus, want ten minste het sy nie haar hare laat reguit maak soos mev. Obama en dié se dogters nie.

My enigste vraag is: wat sien me. Gunghuluza in 'n "Afrikaanse" soos Carl Niehaus?

Behalwe hul voorliefde vir verraad en agterbaksheid, kan mens sê dat "Afrikaanses" jillend hul sitplekke op die ANK-soustrein ingeneem het. Niehaus is maar net 'n suiwerder vorm van die "Afrikaanse" wat saam met die oud-terroriste van die ANK 'n sadistiese behae daarin skep om die belastingbetaler en selfs aandeelhouers in privaatmaatskappye daagliks met miljarde tydens die horde SEB-transaksies te verneuk.

Het ander "Afrikaanses" soos Marthinus van Schalkwyk, FW de Klerk, Ton Vosloo en Koos Bekker nie ook maar hul eie mense uitverkoop en in die proses saam "geskep" nie? Hulle leef dieselfde Hollywood-lewe as Niehaus op Kaapse wynplase en in vyfsterhotelle terwyl Afrikaners op plase en in die voorstede vermoor word, Afrikaans onderdruk word en ons een vir een gedwing word om te emigreer.

Volgens gerugte het Ton Vosloo, die voorsitter van Naspers, tydens die demutualisering van Sanlam so 'n klein "meevallertjie" van sestig miljoen rand aan homself toegeken. Sanlam, daardie eerbiedwaardige maatskappy wat ons ouers en grootouers in hul armoede en swaarkry opgerig en ondersteun het, het met ander woorde vir Vosloo sy plesierrit op die soustrein verseker en hom as "Afrikaanse" gesalf. Geen wonder dié man is in die annale opgeteken as van mening dat "die begrip 'Afrikaner' aanstoot gee" nie.

Afrikaners is eerlik, hardwerkend en lojaal. In die nuwe Suid-Afrika is hulle om daardie rede gewoonlik ook arm, of ten minste veel armer as die res wat ons so gereeld saam met die taxi's in hul blinkswart Range Rovers en Porsches van die pad af druk. "Afrikaanses", daarenteen, floreer in die korrupte kleptokrasie van die NSA waar grootdoenery, uitspattigheid en pasrykvulgariteit die etos van 'n hele samelewing definieer.

In vele opsigte is Carl Niehaus, die linkse pierewaaier wat net so vol van homself is soos wat sy bankrekening leeg is, die ideale "Afrikaanse", die verloopte Afrikaner wat met afsku vir sy eie taal, ras en identiteit vervul is en daarom as't ware 'n hoeksteen van die versameling rampokkers wat hulself die "reënboognasie" noem.

Komaan, Huisgenoot, Rapport, Beeld, Burger en SAUK, kom ons stel 'n heildronk op jul held in. Hulde, hulde aan Doktor Carl Niehaus!

харьков купитьлобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.