De Klerk vaar uit teen Zuma die dag waarop hy ANC-ontbanning prys

Die voormalige staatspresident, FW de Klerk, sê Suid-Afrika het uitgevaar teen Jacob Zuma.

Hy het by die jaarlikse konferensie van die FW de Klerk-stigting gepraat ter viering van 27 jaar sedert sy toespraak in 1990, waartydens hy die ontbanning van die ANC en vrylating van terroriste aangekondig het, maar die ironie bly De Klerk steeds ontwyk.

De Klerk sê belangrike nasionale instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag, die Valke, elemente in die polisie, die Intelligensiediens en moontlik die openbare beskermer word ondermyn om politieke teenstanders se monde te snoer.

Die vyandigheid teen Thabo Mbeki as president, met die hulp van die voormalige ANC-jeugliga leier Julius Malema, deur Zuma, het die regering se beleid van ekonomiese groei gekelder.

Dit is nie duidelik hoe Mbeki sou kon help om ekonomiese groei te bevorder nie, aangesien hy van die wit “setlaars” wou ontslae raak.

De Klerk se toespraak was ‘n cliché-belaaide aanval op Zuma.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.