Nuwe OB wys op Madonsela se misbruik van staatsfondse

Deel op

Die Openbare Beskermer, Busi Mkhwebane, sê haar voorganger het ‘n duur ampsmotor bly gebruik ten spyte daarvan dat haar termyn verstryk het.

Die OB sê geld moes van Thuli Madonsela afgetrek word vir ‘n duur BMWX6 asook skade aan die motor na ‘n ongeluk.

“Ons praat van belastingbetalers se geld,” het Mkhwebane by ‘n media-inligtingsessie gesê.

Die New Age het berig dat die skade ‘n bedrag R750 000 beloop, maar die waarnemende uitvoerende hoof van die OB se kantoor sê dis minder.

Madonsela se seun het in 2012 met die motor deur ‘n tuinmuur gery.

Mkhwebane het ook aangedui dat sy die DA gaan dagvaar oor bewerings dat hulle haar ‘n spioen genoem het.

Sy sê die party het genoeg kans gehad om verskoning aan te teken, maar het tot dusver dit nog nie gedoen nie.

“Ek dink nie dié instansie sal daarvan hou om deur ‘n spioen gelei te word nie,” het sy gesê met verwysing na die pos van die OB.

Die DA het beweer dat sy ‘n spioen in China was terwyl sy daar die land se missie verteenwoordig het.

Mkhwebane was daarvoor verantwoordelik dat Madonsela aangekla is omdat sy inligting aan eNCA laat uitlek het in die vorm van ‘n klankgreep oor president Zuma se beweerde staatskaping.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.