Is Iran reg vir ‘n bom?

Deel op

VN-amptenare het vir die eerste keer verklaar dat die hoeveelheid uraan wat Tehran bymekaar gemaak het – meer as 'n ton – genoeg is, na addisionele suiwering, om 'n atoombom te maak. Die inspekteurs het met 'n derde die hoeveelheid uraan onderskat wat Iran verryk het.

In 'n verslag wat bekend gemaak is in Wene, het die Internasionale Atoom Energie Agentskap gesê dat hulle 'n addisionele 460 pond laagverrykte uraan, 'n derde meer as wat Iran voorheen bekend gemaak het, ontdek het. Die agentskap het die fonds gemaak gedurende die jaarlikse inspeksie van kernmateriaal by Iran se uitgebreide verrykingsaanleg in die woestyn by Natanz.

Die politiese impak van die verslag kan belangrik wees vir die Obama-administrasie. Obama het gesê hy wil direkte onderhandeling met Iran aanknoop oor sy kernprogram. Om die proses aand die gang te kry kan maande neem, en die verslag dui aan dat Iran vinnig voortgaan met sy uraanverryking.

Die VN-amptenaar het verduidelik dat die verskil ontstaan het as gevolg van Iran se skattings teenoor die versigtige ondersoek van die materiaal deur kenners.

Hulle het die verskil as redelik beskou vir 'n nuwe verrykingsaanleg.

купить кухню киевДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.