Nuwe Amerikaanse minister van Buitelandse Sake ingehuldig

Deel op

Die Amerikaanse president, Donald Trump se nuwe minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson is in die Withuis ingehuldig.

Die Senaat het met 56 stemme teenoor 43 vir Tillerson gestem. Tillerson is die voormalige bestuurshoof van die oliereus, Exxon Mobil.

Trump het tydens sy inhuldiging gesê dit het tyd geword vir ‘n nuwe perspektief met betrekking tot buitelandse kwessies.

Hy het ook gesê Tillerson kan groot uitdagings verwag van die Midde-Ooste en die res van die wêreld. Trump se hoofstrateeg, Steve Bannon is ook tydens die seremonie ingehuldig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.