Ondersoek teen Gerrie Nel geopen net drie dae voor hy na Afriforum is

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag Shaun Abrahams het ‘n ondersoek gelas na Gerrie Nel en ander senior aanklaers net drie dae voor Nel bedank het om by Afriforum aan te sluit.

Abrahams het ‘n senior aanklaer in KwaZulu-Natal gevra om hom te voorsien van ‘n vorderingsverslag wat verband hou met bewysstukke wat vervals is.

News24 berig dat Nel deel was van ‘n klag wat deur ‘n Laudiumse sakeman teen hom aanhangig gemaak is asook teen aanklaers in Pretoria.

Nel het Maandag bedank om aan te sluit by AfriForum as hoof van sy private vervolgingseenheid. Die kwessie is ‘n kopseer vir die organisasie wat nie as ‘n organisasie vir uitsluitlik Afrikaners gesien wil word nie. Dit gee daartoe aanleiding dat daar geen locus standi vir vervolging in openbare belang kan wees nie.

Die klagte, wat op 20 Desember verlede jaar geregistreer is, hou verband met ‘n aanklag oor ‘n gepeuter met bewyse.

Dit is duidelik dat Nel onder druk verkeer het in die Nasionale Vervolgingsgesag voor hy weg is, net vyf jaar voor aftrede, na’n 36-jaar loopbaan waarin hy met sukses Afrikaner “regses” vervolg het.

Glynnis Breytenbach, DA-parlementslid, sê dit is onwaarskynlik dat die DA gebruik sal maak van AfriForum se private vervolgingsdienste ten spyte van haar kritiek op die NVG.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.