Trump se verhouding met Rusland stuur skuddings deur VN

President Donald Trump se goeie verhouding met Rusland het gesorg vir skuddings in die Verenigde Nasies, want Amerikaanse bondgenote is bekommerd dat ‘n vennootskap tussen Washington en Moskou ‘n historiese magsbalans wat dateer uit die Koue Oorlog, kan ondermyn.

Die vyf vetolande van die Veiligheidsraad, waarop 15 lede dien, is tradisioneel in twee kampe verdeel: Frankryk, Brittanje en die VSA (die P3) teen Rusland en China.

Maar Amerikaanse vriendskaplike betrekkinge met Rusland kan die VN se siening van konflikte in Sirië en die Oekraïne raak.

‘n Belangrike toets kom in Februarie, wanneer die Oekraïne die Veiligheidsraad se roterende presidentskap sal hou. Die land is diep bekommerd oor die volgehoue ​​steun van die Raad rakende sy aansprake op die Krim en die konflik teen sy eie mense op sy oostelike grens.

Die nuwe rigting deur die Amerikaanse president kan die ontplooiing van vredesmagte of veroordelings oor menseregteskendings direk raak. Terwyl die vyf permanente lede besluite kan veto, maak hulle gewoonlik staat op meerderheid ondersteuning van ander lede van die Veiligheidsraad.

Buitelandse diplomate “sal blind navigeer” met Trump, sê Richard Gowan, van die Europese Raad op Buitelandse Betrekkinge. “Baie verwag van hom om nouer met Rusland te bewerkstellig, maar is nie seker hoe ver dit sal gaan nie.

Onderonsies met Beijing oor handel en Taiwan, kan die dinamika van die Veiligheidsraad verander.

Dit voorspel niks goeds vir die Oekraïne nie, want die huidige regime hoop dat ander lande sal voortgaan om die referendum deur Rusland in die Krim te veroordeel. Die beleërde opposisie in Sirië kan uiteindelik ook inplof.

Brittanje is diep bekommerd dat Trump se verhouding met president Vladimir Poetin Russiese belange sal bevorder in Oos-Europa, volgens twee senior amptenare, wat aan Bloomberg gevra het om nie geïdentifiseer te word nie.

China het reeds Rusland gesteun in vyf besluite oor Sirië sedert 2011.

Die VN-resolusie van die Veiligheidsraad in Desember, wat krities was teenoor Israel se nedersettingsbeleid, gaan waarskynlik nog vir meer ontsteltenis sorg.

Die Trump-administrasie het intussen ‘n diep wantroue teenoor onverkose multilaterale instellings soos die VN getoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.