Vyf vas wat LUR en ander se huise afbrand

Deel op

Vyf swartes is in hegtenis geneem nadat die huis van Noordwes se LUR vir onderwys, Sello Lehari, afgebrand is.

Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die vyf sal na verwagting in die Moretele-landdroshof in Temba vandag verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van brandstigting en openbare geweld.

Masondo sê die verdagtes is in hegtenis geneem in Moeka Village naby Makapanstad Saterdagaand na gewelddadige betogings oor ‘n gebrek aan water in die gebied. Ander huise en voertuie is ook beskadig tydens die betogings.

Lehari was voorheen die burgemeester van die Moretele Munisipaliteit, waaronder Makapanstad val.

Noordwes Premier, Supra Mahumapelo, het afbrand van provinsiale LUR vir onderwys se huis, sowel as ten minste drie ander tydens die opstand veroordeel.

Mahumapelo sê die burgemeester en raadslede in die munisipaliteit is gevra om ‘n gemeenskapsvergadering oor die aangeleentheid vir Donderdag te belê.

Hy het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom en die polisie geloof vir hul vinnig optrede in die arrestasies van vyf verdagtes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.