Nes van polisiebedrog oopgevlek

Deel op

Ses verdagtes, insluitend vyf polisiebeamptes, verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Bloemfontein nadat ‘n nes van bedrog, wat meer as R5 miljoen kan beloop, in die Vrystaatse polisie oopgevlek is.

Die polisiebeamptes, werksaam by verskeie eenhede, en ‘n amptenaar van die finansies afdeling, is gisteroggend deur die Valke in hegtenis geneem.

Dit volg nadat ‘n voorlopige ondersoek na die finansies van verskeie eenhede wat verlede jaar gedoen is, aangedui het dat grootskaalse bedrog moontlik gepleeg is.

Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê die moontlikheid dat nog polisiebeamptes in hegtenis geneem kan word is nie uitgesluit nie.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.