Islam se greep op AU verstewig na Marokko se hertoelating

Deel op

President Jacob Zuma het die Afrika-Unie se besluit om Marokko weer toe te laat tot die organisasie gelate aanvaar.

Die AU het Dinsdag by sy beraad in Ethiopië Marokko weer as AU-lid bekragtig nadat die land druk uitgeoefen het om weer deel te wees van die AU.

Marokko was die enigste land in Afrika wat nie ‘n lid van die AU was nie. Die mosie is met 39 teenoor tien stemme aanvaar.

Volgens bronne aangehaal deur die Associated Press was die nege stemme wat Marokko wou uithou, almal “lande in Suider-Afrika, behalwe Swaziland”. Die SAOG is die enigste gebied op die vasteland wat nie onder Moslembeheer is nie. Afrikanersendelinge het waarskynlik daarvoor gesorg dat Islam nie in Suider-Afrika vastrapplek kry nie.

Vermoedelik word Swaziland se “mening” gekoop deur dieselfde belange wat Duitse wapenverkope deur die land stuur.

Marokko het die organisasie in 1984 verlaat, nadat die AU die onafhanklikheid van Wes Sahara aanvaar het, wat Marokko beskou as deel van sy gebied.

Die minister van buitelandse sake van Tsjad is Maandag verkies as die nuwe voorsitter van die AU Kommissie, met die belofte van ‘n meer vaartbelynde burokrasie en ‘n fokus op Islamitiese ekstremiste.

Moussa Faki Mahamat het sy “kommer” uitgespreek oor die voortdurende voorvalle van Moslemterreur. Dit sluit lande soos Somalië, Mali, Suid-Soedan en Libië in. Maar waarnemers sê die sogenaamde kommer is ‘n rookskerm.

Die voorsitter van die AU-kommissie oor veiligheid, Smail Chergui sê hulle sal voortgaan om terrorisme op die vasteland te bekamp.

Hy sê hulle maak gereed om gebiede in Somalië terug te neem wat deur die militante groep, Al-Shabaab beheer word.

Somalië se presidensiële verkiesing sal eersdaags gehou word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.