Obama het vyf van die sewe nou verbode Moslemlande gebom

Deel op

Dit is blykbaar heeltemal in orde vir ‘n Nobelvredespryswenner om Moslemlande te bom, maar vir President Trump om tydelik sommige Moslems se reise na die VSA op te skort, is “on-Amerikaans” en “ongrondwetlik”.

Toe die Obama-administrasie laat verlede jaar 22 Somaliese burgers in ‘n lugaanval gedood het, het die hoofstroommedia snaaks genoeg nie kennis geneem nie. Die globaliste het geen traan gestort vir die 62 Siriese troepe wat gedood is of die 100 gewondes toe die Obama-administrasie in 2016 hulle “per ongeluk gebombardeer” het nie.

Vreemd genoeg is niemand in die Demokratiese Party bekommerd oor hul “menseregte” nie.

President Trump se reisverbod op sewe Midde-Oosterse lande wat as ‘n sekuriteitrisiko geag word, het nou gelei tot buitelandse leiers wat inmeng met Amerikaanse binnelandse politiek – ‘n eerste – maar Francois Hollande, Angela Merkel en Justin Trudeau het nooit gekla oor bombardemente teen Moslems nie. Hulle trouens het deelgeneem daaraan.

Trump se uitvoerende bevel wat sowat 300 mense by lughawens opgehou het, het vir histerie gesorg terwyl Obama se bomaanvalle – dikwels beskryf as “terug na die Steentydperk gebom” – het honderde duisende Moslems vermoor, lande verwoes en miljoene haweloses geskep. Die slagoffers van die lugveldtogte onder Obama is nie net gestraf in hul eie soewereine lande nie, maar ook omdat hulle regeer word deur “diktators”. Indien mense onderwerp word aan “wrede diktators” moet hulle blykbaar ook die verskroeide aarde behandeling ontvang, volgens die globaliste. Die definisie van ‘n diktatorskap is juis dat volke wat daaronder ly, dit nie gekies het nie. Maar hulle moet ook platgevee word?

Uit die sewe lande wat verbied is deur President Trump verlede Vrydag, is vyf op só ‘n manier gebombardeer deur die Obama-administrasie: Sirië, Irak, Jemen, Libië en Somalië. Trump word nou uitgebeeld as totaal onredelik terwyl Obama beskou word as ‘n swart heilige, die voorvegter vir menseregte.

Waar is George Soros se organisasies oor die “byna 100 aanvalle” wat sedert 2009 plaasgevind het in Jemen “wat gelei tot die dood van honderde militante, maar ook baie burgers?

Beide die Obama en Bush administrasies het meer as 94 000 lugaanvalle uitgevoer, meestal op Irak, maar ook op Libië, Pakistan, Jemen en Somalië, miljoene mense wat nie dood is nie vermink en aan lewens van gestremdheid, ellende, ontwrigting, hartseer en armoede uitgelewer.

Obama het toesig gehou oor die grootste militêre begroting sedert die Tweede Wêreldoorlog; ‘n agtvoudige toename in aanvalle deur onbemande tuie; spesiale magte se bedrywighede in ten minste 134 lande, twee keer soveel as onder Bush.

‘n Massiewe toename in nagstrooptogte wat oorspronklik deur Rumsfeld van stapel gestuur is in Irak in 2003 is ook opgemerk, vanaf 20 in Afghanistan in Mei 2009 tot 1 000 per maand teen April 2011, waar die verkeerde mense die meeste van die tyd volgens senior offisiere doodgemaak is.

In Libië, het Obama 7 700 lug aanvalle laat uitvoer in ‘n oorlog wat ten minste 25 000 mense vermoor het en die land in eindelose chaos gedompel het. Dié aanvalle en wapens aan “rebelle” het uiteindelik gelei tot die oorlog in Sirië. Maar vir Demokrate en die idiote wat die hoofstroommedia glo, is dit heeltemal piekfyn, so lank as wat sowat 300 Moslems nie verontrief word by ‘n lughawe nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.