Trump maak huis skoon na Obama-agente immigrasie-verbod probeer ontspoor

Deel op

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het nóg ‘n senior amptenaar in die pad gesteek wat sy uitstekende immigrasiebeleid probeer kelder het.

Trump het die waarnemende hoof van Immigrasie en Doeane in Amerika vervang. Geen rede is verskaf oor waarom Daniel Ragsdale vervang moet word nie, maar dit volg slegs enkele ure nadat Trump ‘n ander werknemer uit die Barack Obama administrasie afgedank het.

Die waarnemende prokureur-generaal, Sally Yates, is ook afgedank omdat sy gekant is teen die reisverbod wat op reisigers van sewe Moslemlande ingestel is.

Yates het die uitvoerende bevel van die nuwe president geïgnoreer, ‘n ongelooflike besluit vir iemand in haar posisie aangesien sy geen juridiese gronde vir haar besluit kon verskaf nie.

Volgens ‘n verklaring sal Ragsdale se plaasvervanger, Thomas Homan help om te verseker dat immigrasiewetgewing afgedwing word.

Intussen het die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama ‘n verklaring uitgereik waarin hy die Soros-befondsde protesoptrede teen Trump se immigrasiebeleid steun.

Obama sê dit is vir hom verblydend om te sien hoe betogers hulle “grondwetlike regte uitoefen”, maar vergeet om te noem dat die betogers betaal word om op te daag wat ‘n grap van sy verklaring maak.

Hy het ook sy teenkanting uitgespreek met enige diskriminasie gegrond op mense se geloofsoortuigings, ‘n leë opmerking, want Christene word geteiken.

Obama verbeel homself dat hy nog steeds in beheer is. Toe hy ingesweer is in 2009, het meer as 14 000 invloedsmouse geregistreer. Teen die einde van die jaar, het algehele lobby-besteding historiese vlakke bereik.

Die wetgewing wat hierdie invloedsmouse beheer is soos ‘n sif. As Trump onder hulle inklim, sal Obama se poging om ‘n afstandbeheer-presidentskap te lei, tot ‘n einde kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.