DA en EFF span saam vir soustrein-sitplekke in Sasolburg

Deel op

Die DA het ontken dat hy ‘n ooreenkoms bereik het met die EFF in die Sasolburg munisipaliteit bereik, maar Julius Malema, EFF-leier hou vol hulle hét ‘n ooreenkoms met die DA.

Dit is die jongste verwikkeling in die land se soustrein-sepie waar nuttelose politici baklei vir loopbane terwyl die land met rasse [sic] skrede agteruitgaan.

Die oordrag van stemme sal beteken dat die EFF die sogenaamde Metsimaholo munisipaliteit van Sasolburg in die noord-Vrystaat kan oorneem.

Malema het tydens sy veldtog in aanloop tot môre se tussenverkiesing in wyk 12 aan die media gesê dat die DA sy stemme aan die EFF sal oordra ná die tussenverkiesing.

Die tussenverkiesing word gehou weens die bedanking van ‘n raadslid. Die DA het tydens verlede jaar se verkiesing 12 setels verower, die MCA, 2, en die Vryheidsfront Plus 1, waarna ‘n koalisie gevorm is.

Die EFF wat 8 setels gekry het, het toe hul stemme aan die DA oorgedra.

In die Nelson Mandelabaai Metro gehou waar die ANC ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, Athol Trollip en die Speaker, Jonathan Lawack wil instel, word ‘n spesiale raadsvergadering vir vandag beplan.

Die DA beheer die Metro. Verlede week se vergadering is ontwrig toe die UDM en ander kleiner partye uitgestap het.

Die DA en die UDM baklei oor die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder en ‘n direkteur in die munisipaliteit.

Trollip het vroeër gesê hy is nie bekommerd oor die mosie van wantroue wat die ANC teen hom en Lawack beplan nie.

Trollip se woordvoerder, Sibongile Dimbaza, sê daar is ‘n bepaalde proses wat gevolg moet word en geen van die stappe in dié proses is ingestel nie.

In Kaapstad wil gerugte maar nie gaan lê dat Patricia de Lille uitgewerk is deur Helen Zille se handlangers in die DA nie.

De Lille het bedank as DA Wes-Kaapse leier, vanaf Woensdag. Sy sal aanbly as burgemeester van Kaapstad.

Die ANC in die Wes-Kaap glo De Lille se bedanking as provinsiale DA-leier toon die houvas wat ‘n sekere kliek om premier Zille het binne die party.

Die waarnemende ANC-voorsitter in die Wes-Kaap Khaya Magaxa sê danksy die sukses van De Lille om ‘n tweederde meerderheid in Kaapstad in 2016 te behaal, het Zille en haar volgelinge De Lille uitgestoot net soos die voormalige DA parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, omdat hulle ‘n gevaar geword het met te veel mag en invloed.

Magaxa het gesê De Lille was ‘n goeie burgemeester, maar daar was ‘n groep, gesentreer op Zille, wat nie die werklike beheer van die DA uit hul hande sal laat glip nie, veral nie met sy Wes-Kaapse basis nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.