Die petrolprys gaan om middernag met 29 sent per liter styg en dié van diesel met 21 sent per liter.
Die departement van Energie het Vrydag heuning by die bitter medisyne probeer voeg deur te verklaar dat die Rand in die tweede helfte van Januarie verstewig het, en dus daartoe gelei het dat die styging minder is as wat aanvanklik verwag is.
Die Automobiel Assosiasie het ook gesê internasionale oliepryse toon ‘n opwaartse neiging.
Die AA sê verbruikers moet nie in die mediumtermyn laer brandstrofpryse verwag nie, omdat die rand gevoelig bly vir politieke woelinge.
Paraffien word 17 sent duurder per liter en huishoudelike gas sal 21 sent per kilogram duurder wees.