DA, EFF en ANC mede-verantwoordelik vir rasse-oorloggie in Pretoria

Dit lyk nie asof die DA en EFF se samewerking in Pretoria iets goeds inhou vir die wit inwoners nie.

‘n Mini-rasseoorlog het die naweek uitgebreek tussen swart balhorige plakkers en wit inwoners nadat die plakkers van Jeffville-plakkerskamp langs Atteridgeville verskuif is tot neffens ‘n wit woonbuurt in Booysens.

Op sosiale media is foto’s versprei van hoe die spul plakkers al begin steel het, wat veroorsaak het dat die inwoners besluit het om saam te staan teen die kriminele.

Die skermutselings het gelei daartoe dat ‘n wit geestelik-gestremde man op die rand van die dood verkeer nadat swartes hom met ‘n panga aangeval het.

Die plakkers maak nou asof hulle niks van die voorval weet nie, waarskynlik uit vrees dat hulle gaan les opsê.

Die DA-raadslid Frik van Wyk het homself intussen in vergadering-prosedure vasgedraai as verskoning om nie die bul by die horings te pak en die plakkers uit te boender nie.

“Ons kon nie die raadsvergadering dadelik verlaat nie, as gevolg van die koalisie-regering met die EFF,” het Van Wyk sy gebrek aan optrede verduidelik.

Hy gee die ANC ook die skuld, maar feit bly dat hy mede-verantwoordelik is. Tipies van nuttelose DA-politici wat hul neste uitveer, probeer Van Wyk perdevye smous deur te vertel dat dit nie ‘n wit reaksie teen swart misdaad was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.