De Lille bedank as Wes-Kaapse leier

Deel op

Patricia de Lille het bedank as DA-leier van die Wes-Kaap. Sy het die nuus vanoggend getwiet.

Sy het haar eie stert geprys in haar bedankingsbrief, maar soos gewoonlik geen woord gerep oor die hoë misdaadsyfer in haar provinsie nie.

Van die kriminele veldbrande het sy ook nie ‘n woord gerep in haar cliché-belaaide bedankingsbrief nie.

Sy het die groei in kiesersondersteuning, ‘n kroniese DA-hoofpyn, en “doelwitte” wat glo bereik is, geloof. Behalwe haar eie loopbaanplanne is dit nie duidelik wat hierdie “doelwitte” was nie.

Die DA maak daarop staat dat “nie-rassigheid” hul party staande sal hou.

Maar dit lyk of De Lille nou wegskram van die “geweldige verantwoordelikheid” van ‘n DA-beheerde provinsie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.