Hofoorwinnings oor Trump se immigrasie-bevel betekenisloos

Deel op

Pro-immigrasiegroepe se reeks vroeë hofoorwinnings gefokus teen die uitvoerende bevel van President Donald Trump om toelatings vir reisigers van sewe Moslem-lande op te skort, is deur regskenners en administrasieamptenare as betekenisloos beskryf.

Maar die lae-IK massas wat deur globaliste opgesweep word, is in rep en roer.

Regters in drie Amerikaanse state het New York se voorbeeld gevolg en die owerhede verbied om reisigers wat deur president Donald Trump se uitvoerende bevel geraak word te deporteer.

Die howe in Massachusetts, Virginia en Washington het beslis dat die deportasies onwettig is. Regter Ann Donnelly het die owerhede in New York se Brooklyn-distrikshof beveel om hulle daarvan te weerhou om vlugtelinge te deporteer wie se toelating voorheen goedgekeur is.

Regsverteenwoordigers wat deur George Soros betaal word in die VSA werk onverpoosd om Moslemreisigers by te staan wat weens Trump se bevel op lughawens gestrand is.

Regspanne wat ontplooi is by lughawens regoor die land, het gekla die naweek wat grensagente nie die hofbevele uitvoer nie.

Die bevel Vrydagmiddag op die beperking van reisigers uit Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen raak net ‘n paar honderd reisigers in transito.

Die histerie teen Trump is deel van ‘n gekoördineerde openbare-betrekkkinge poging wat deur die linkse miljardêr George Soros gefinansier word. Trump se uitvoerende bevel bevat matige vlugtelingbeperkings daarop gemik is om terroriste uit te hou, soortgelyk aan dié wat deur President Obama geïmplementeer is, maar wat meer magte aan grenspersoneel gee om op te tree.

President Trump het in ‘n nuwe verklaring gister gesê hy is nie teen alle Moslems nie.

“Om duidelik te wees, dit is nie ‘n Moslemverbod nie, in die media só vals gerapporteer,” het Trump. “Dit gaan nie oor godsdiens nie – dit is oor terreur en die behoud van ons landsveiligheid. Daar is meer as 40 verskillende lande wêreldwyd waar ‘n meerderheid Moslem is wat nie geraak word deur hierdie bevel nie.”

Maar Moslems in Dallas se Fort Worth-lughawe het tot gebed oorgegaan uit protes teen hierdie verbod.

Google het buitelandse personeellede wat dalk geraak is deur die nuwe uitvoerende bevel gevra om vinnig terug te keer na die VSA. Google se Hoof Uitvoerende Beampte Sundar Pichai het Trump in ‘n nota aan werknemers Vrydag sleggesê omdat sowat 100 maatskappypersoneellede geraak is deur die bevel.

Microsoft het gesê hulle skakel met 76 personeellede van die sewe lande in die uitvoerende bevel, het Bloomberg berig.

Airbnb sal gratis behuising voorsien aan “vlugtelinge” in die VSA, het Airbnb uitvoerende hoof, Brian Chesky, getwiet.

Facebook se Zuckerberg het aan Bloomberg Vrydag gesê hy is “bekommerd” oor Trump se onlangse stap om immigrasie te beperk.

Tesla se uitvoerende hoof, Elon Musk het Saterdag op Twitter ook uitgevaar teen Trump. Tesla bestaan danksy belastinggeld wat Musk gebruik om “groen” projekte te finansier. Daarsonder sal sy maatskappy ondergaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.