Franse kandidaat Valls voer glo sy veldtog met geld uit Togo

Die verlinkse Valls messel aan sy toekoms
Deel op

Kan die “manna” daartoe lei dat die voormalige Franse premier sy onttrekking uit die huidige wedloop vir die sleutels van die Élysée-paleis aankondig?

In ‘n verklaring tydens die drie-dag-staking deur onderwysers het die Werkersparty in Togo, Wes-Afrika, die president Faure Gnassingbé beskuldig dat hy ‘n tas volgestop met geld aan die voormalige Franse Eerste Minister Manuel Valls gegee het.

Die som van 5 miljard CFA is glo bedoel as ondersteuning vir Valls se kandidatuur in die sosialistiese primêre ronde en presidensiële bod vir 2017.

“Bronne naby aan die regime het inligting onthul – omdat hulle dermate gewalg is deur die ongelooflike sinisme van Faure Gnassingbe teenoor sy eie mense – wat daarop dui dat tydens sy amptelike besoek aan die einde van 2016 aan Togo, het Manuel Valls, terwyl hy nog aan die hoof van die Franse regering was, na bewering ‘n “geskenk” van 5 miljard CFA ontvang vir sy veldtog in Frankryk vir die 2017 presidensiële verkiesing,” volgens ‘n communique deur party.

Volgens Claude Ameganvi, dit is ongetwyfeld ‘n wanbesteding van fondse, want dit was in afwagting van hierdie ondersteuning aan Manuel Valls dat Faure Gnassingbé ‘n stemmery deurgedruk het in die Nasionale Vergadering vir ‘n gesamentlike begroting van 10 miljard CFA, vir die betaling van vyf helikopters as deel van die “Maritieme Veiligheidskonferensie”.

Maar volgens die party is dit onsigbare helikopters omdat hulle “nooit gekoop” is nie.

Verteenwoordigers het tydens ‘n bespreking oor die begroting uitgelap dat lenings bekend as Sukuk vir ‘n totale bedrag van CFA 156 miljard verkry is van sekere Islamitiese banke oor die tydperk 2016-2026 deur openbare bates te verpand.

Volgens die party, is daar geen twyfel dat hierdie lenings, “uitgekontrakteer en buite beheer van die nasionale instellings se regulering van die funksionering van die staat, nie deel is van enige rasionele logika van ontwikkeling soos dié van infrastruktuur en opvoedkundige behoeftes nie”.

Vir Suid-Afrikaners klink dit ook bekend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.