Britte gooi U-draai oor Sirië

Deel op

Die vernederende nederlaag van militante in Aleppo, Trump se verhouding met Rusland, en die Turkse toenadering tot Moskou het die internasionale skaakbord aansienlik verander.

Britse Sekretaris van Buitelandse Sake, Boris Johnson, het ‘n U-draai gegooi oor president Bashar al Assad om deel te neem as ‘n kandidaat in die volgende Siriese verkiesing in ‘n dramatiese ommekeer van Britse beleid.

Die sewe-jaar termyn van President al-Assad sal in Junie 2021 eindig.

Die minister van buitelandse sake van die Verenigde Koninkryk se erkenning dat die inhuldiging van die nuwe president van die VSA beteken dat alle kante hul benadering oor Sirië in heroorweging moet neem, het die Guardian berig.

“Ek moet realisties wees oor hoe die landskap verander het, en dit kan wees dat ons opnuut sal moet dink oor hoe ons dit hanteer. Die ou beleid, is ek bevrees om te sê, beteken nie meer veel nie,” sê Johnson.

“Ons was onherroeplik verbind vir ‘n lang tyd tot die mantra dat Assad moet gaan, maar ons was nie in staat gewees op enige stadium om dit te maak gebeur nie,” het Johnson bygevoeg.

In Junie 2014, het die Arabiese Republiek ‘n presidensiële verkiesing georganiseer. Die globalistiese magte was gekant teen daarteen, en – ‘n skending van die Weense vredesooreenkoms – het Siriese konsulate verbied om buite die land ‘n stemmery te organiseer.

Die oorlog het verhoed dat etlike miljoene kiesers stem, terwyl al die state met diplomatieke bande in Sirië die verkiesing erken het.

Bashar al-Assad is herkies as president met ‘n meerderheid van 88,7 persent van die stemme.

Maar sedert 2011, beskuldig die globaliste Assad dat sy land ‘n diktatuur is en dat dit betrokke is in stelselmatige marteling. Die Siriese kiesers dink klaarblyklik nie so nie.

In September 2015, het Johnson se voorganger, Philip Hammond, toegegee dat president Bashar vir ‘n oorgangstydperk van drie maande kan bly.

Maar Hammond nogtans volgehou dat die Arabiese Siriese Republiek ‘n “diktatorskap” is en dat die mandaat van Assad “onwettig” is.

In nog ‘n eerste, het die minister van buitelandse sake ook gesê die Verenigde Koninkryk se toekenning van uitvoerlisensies vir wapens aan Saoedi-Arabië kan sneuwel onder aantygings van oorlogsmisdade.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.