Selfbeskikking raak krities

Deel op

Ek dink dit raak nou al hoe meer krities om die konsep van selfbeskiking te promoveer. Nie almal is Christene nie maar baie van hulle voel dit aan hul bas dat die Afrikaner byvoorbeeld selfbeskikingsreg moet hê. Vanuit ‘n Christelike oogpunt erken Chrsitenskap veelvoudige nasies. Die rede hiervoor is dat daar partyskappe moet wees om te beproef wat waar is. In die onnatuurlike, of uit ‘n Christelike oogpunt, die goddelose multikulturele reënboognasie is waarheid, reg en geregtigheid relatief.

Deel op

Alles word gelyk aan mekaar gestel en een groep se waarheid kan nie voorkeur bo 'n ander s'n verkry nie. Diegene in beheer besluit dan wat waarheid is en dit is "buigbaar" om aan te pas volgens die heersende gees van die multikulturele samelewing.  Die waarheid aangaande die ANC is nou meer as ooit in die ope en daarom moet die reënboognasie verwerp word.

Christenskap vereis nie eennasieskap nie. Eennasieskap is 'n lering van die Koran genaamd oemmaa. Volgens die Koran is alle Moslems een nasie en een groep mense. Oemmaa kon nog nooit bewerkstellig wat dit beloof nie. Moslems maak mekaar meer dood as wat die Amerikaners, Britte of Israel al gedoen het. Die Weste en Israel het nog nooit aan Moslems gedoen wat hulle aan mekaar gedoen het nie – 1,5 miljoen gedood in die oorlog tussen Iran en Irak. Vir Moslems om een te wees kort hulle ‘n gemeenskaplike vyand en Israel is die vyand. In Suid Afrika is die swart nasies een onder die ANC en om eenheid te behou is die gemeenskaplike vyand die Afrikaner. Swartes het ondertussen meer swartes doodgemaak as wat wittes swartes doodgemaak het.

Die oemmaa-strewe in Suid Afrika en ook elders in die wêreld sal en kan nooit werk nie. Eennasieskap lei tot korrupsie, waarvan Niehaus die bewys is, en soos Dan Roodt skryf sal die reëls gebuig word om hom uiteindelik te verskoon. Dit is ‘n mal stelsel en Suid-Afrika is seker die malste land ter wêreld. Net deur selfbeskking kan die verval gekeer en rede behou word. Afsonderlike nasies sal ook magsbehepte en korrupte mense hê maar hulle sal vinniger aan die kaak gestel en uitgelewer word. Die inligtingskandaal verteenwoordig 'n voorbeeld hiervan en myns insiens niks in vergeleke met die korrupsie in die huidige stelsel nie.

Ongeag of jy 'n Christen is of nie, selfbeskikking vir die Afrikaner is nou meer as ooit noodsaaklik.

3d томографиялобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.