Welkome reën sak oral in SA uit

Deel op

Uitgebreide reën oor groot dele van die land oor die afgelope 24 uur sal vandag voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat swaar reën oorstromings in verskeie gebiede kan meebring.

Swaar reën word vir die suidelike dele van Gauteng, die noordweste van KwaZulu-Natal, die suidweste van Mpumalanga en Limpopo, die ooste van Noordwes, die noordoostelike dele van die Vrystaat en in die Wes-Kaapse Overberg- en Eden-distrikte voorspel.

Kwaai donderstorms word ook oor die oostelike dele van die Oos-Kaap verwag.

Kapenaars is vanoggend na weke van droë en warm met welkome reën begroet wat uitgesak het. Die Midmar-pad in Bellville was onder water.

Die verkeer het ook baie stadig op die N1-snelweg vanaf Kraaifontein na die stad beweeg.

Nog reën word vir die res van die dag voorspel. Dit volg nadat Kaapstad Donderdag strenger waterberperkings aangekondig het. Kapenaars sal hul tuine van nou af slegs twee keer per week met ‘n emmer mag natlei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.